Wednesday, May 12, 2010

Skelm polisielede fnuik dwelmondersoek


Skelm polisielede fnuik dwelmondersoek


Drie polisiebeamptes is op klagte van gewapende diefstal, ontvoering en poging tot moord in hegtenis geneem, het die Kaapstadse polise gesê.Adjudant-offisier Siyabulela Vukubi het gesê die mans is Dinsdag deur polisiebeamptes van Gugulethu en Athlone in Maitland in hegtenis geneem."Die beamptes is na bewering na ‘n huis in Milnerton waar hulle hulself as lede van die polisie se georganiseerde misdaadeenheid voorgedoen het.”Die klaer het gesê die polisiebeamptes, geklee in gewone klere, het die eienaar en sy meisie se huis deursoek.Hulle was glo opsoek na dwelms wat by die adres verkoop word.Een beampte het gedurende die soektog ‘n sak vol geld wat aan aan die vrou behoort het, gevind en die eienaar beveel om die kluis oop te sluit."Nadat die eienaar geweier het, is hy aangerand. Hy het die kluis toe oopgesluit en die beamptes het nog ‘n groot bedrag geld daaruit gevat.”Die eienaar is beveel om sy winkel naby die huis oop te sluit, maar hy het gesê die sleutel is by sy assistant in Khayelitsha.Die beamptes het glo saam met die eienaar na Khayelitsha gery."Die klaer is in Khayelitsha uit die voertuig gedwing. Hy is in ‘n onbekende plek agtergelaat, maar het daarin geslaag om hulp te kry,” het Vukubi gesê.Die drie mans is later in hegtenis geneem, alhoewel daar na bewering ‘n vierde persoon betrokke is. Die beamptes sal na verwagting binnekort in die Kaapstadse landdroshof verskyn.- SapaVolg Nuus24 op Twitter.
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: sapd misdaad

No comments:

Post a Comment