Friday, May 14, 2010

Twee rowers in kop geskiet


Twee rowers in kop geskiet

2010-05-14 14:18
'n Man het twee rowers Vrydagoggend in die kop geskiet toe die booswigte hulle wou beroof of kaap. Volgens aanvanklike inligting het dit in die parkeerarea van die Lakeside Mall in Benoni gebeur, maar alhoewel die inligting nog nie bevestig is nie, blyk dit dat die poging tot kaping in 'n ander woonbuurt plaasgevind het.Die man het twee van die rowers geskiet waarna die booswigte op die vlug geslaan het.'n Verdagte motor is glo later in die parkeerarea van die Lakeside Mall gevind en toe die polisie en veiligheidspersoneel van die inkopiesentrum die motor nader het drie mans glo gevlug.'n Lyk met 'n kopwond is glo in die motor aangetref.Twee van die mans wat gevlug het is ook aangekeer. Een van hulle is glo ook in die kop geskiet. Een van die mans het glo weggekom.Lees Beeld Saterdag vir die volledige berig.Die man wat hulle geskiet het is nie beseer nie, maar erg geskok, volgens ER24.Geen inkopiegangers is deur die voorval geraak of beseer nie.Die saak word deur die polisie in Benoni ondersoek.The Star het Vrydagoggend op sy voorblad 'n berig gepubliseer oor gewapende booswigte wat 'n sakeman Saterdag vermoedelik van 'n inkopiesentrum aan die Oos-Rand gevolg en hom by sy huis in Boksburg oorval het. Hy het egter daarin geslaag om weg te jaag, volgens die berig. Die koerant het ook foto's van die een gewapende rower gepubliseer wat op CCTV-kameras vasgevang is.

No comments:

Post a Comment