Monday, August 16, 2010

29 klagtes van marteling teen polisie-eenheid


29 klagtes van marteling teen polisie-eenheid

2010-08-16 15:53

Kaapstad – Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) ondersoek 29 klagtes van marteling, een wat glo na ‘n persoon se dood gelei het, teen die eenheid teen georganiseerde misdaad in Bellville-Suid in die Wes-Kaap.

Thabo Lehola, die hoof van die OKD in die Wes-Kaap, het Maandag in ‘n persverklaring gesê dat 14 lede van die eenheid ondersoek word.

“Hierdie 29 klagtes van aanranding met die doel om ernstig te beseer en marteling kom uit dieselfde eenheid,” het hy gesê.

“Die marteling het tot die dood van een persoon gelei en twee ander is beseer.”

Leholo het gesê dat die OKD aanbevelings aan die polisie se bestuur gemaak het dat dissiplinêre stappe teen die lede geneem moet word.

Meeste van die sake is na die direkteur van openbare vervolgings verwys om ‘n besluit te neem, het hy gesê.

“Ons wag nog dat ‘n besluit geneem word om te bepaal of daardie lede vervolg sal word of nie,” het Leholo gesê.

Dis in die polisie-bestuur se hande om te besluit of hulle daardie aanbevelings aanvaar en iets daaromtrent sal doen.

"Ons kan hulle nie dwing om op ‘n spesifieke manier op te tree nie," het hy gesê.

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

No comments:

Post a Comment