Thursday, August 26, 2010

Nege Renosterstropers Aangekeer in Limpopo !



Nege Renosterstropers Aangekeer in Limpopo

23 Aug 2010[In English]
Nege mans is die afgelope paar weke weens beweerde renosterstropery in Limpopo deur die veediefstaleenheid van Modimolle vasgetrek."In die mees onlangse voorval is vier verdagtes gearresteer terwyl hulle onderweg was om na bewering renosters in ‘n privaat wildtuin naby Lephalale te gaan skiet," het die SAPD se woordvoerder, lt-kol Ronel Otto, die media meegedeel.Nadat hulle inligting oor ‘n moontlike skietpoging in die gebied ontvang het, het die polisie die mans in ‘n padblokkade naby Vaalwater gearresteer.Hul voertuig, ‘n byl en ‘n .303-jaggeweer is gekonfiskeer. "Daar is intussen vasgestel dat die geweer in ‘n huisbraak by Kameeldrift buite Pretoria gesteel is," het sy gesê.Drie van die vier is van Zimbabwe en die ander een van Mosambiek. Hulle verskyn eersdaags in die landdroshof op Lephalale.In ‘n ander voorval sowat drie weke gelede is vyf mans gearresteer omdat hulle na bewering gepoog het om renosters uit ‘n privaat wildtuin te stroop.Otto het gesê die eienaars van die wildtuin het mensspore op die plaas gevind en die polisie daarvan in kennis gestel. Polisiespoorsnyers en privaat helikopters is ingeroep en het hulp verleen met die soektog na die stropers."Vyf verdagtes, almal van Zimbabwe, is in die veld gearresteer. Twee vuurwapens, ‘n .308- en ‘n .303-jaggeweer is gekonfiskeer," het sy gesê. Die mans het reeds in die hof verskyn en die saak is uitgestel. Sy het vervolg dat die mans ook verbind kan word aan huisinbrake in Lephalale en Stockpoort, vanwaar vuurwapens na bewering gesteel is.Inmiddels is ‘n witrenoster dood en met albei horings verwyder in die Hluhluwe-iMfolozi Park, Ezemvelo, gevind het KZN Wildlife verlede Donderdag gesê.Veertien renosters is reeds vanjaar deur diewe in KwaZulu-Natal gestroop, insluitende ‘n witrenoster in Ophathe-wildtuin op 9 Augustus.AfriForum se James Kemp meen die styging in renosterstropery is gedeeltelik daaraan te wyte dat die spesialis-polisie-eenhede ontbind is. "Die spesialiseenheid is in 2003 ontbind sonder dat ‘n doeltreffende alternatiewe in die plek daarvan daargestel is,” het hy gesê.Afri-Forum het die daarstelling van ‘n taakspan verwelkom om renosterstropery te ondersoek, maar die eenheid is nog nie ten volle funksioneel nie. Daar is ook ‘n gebrek aan hulpbronne vir werknemers van provinsiale natuurreservate en die mense wat stropery op grondvlak in Limpopo moet bekamp.Die gemiddelde ouderdom van werknemers in Limpopo se wildtuine is 55. “Die wildtuine het nuwe bloed in die beroep nodig. Ons benodig jongmense wat aktief is, lang afstande kan aflê en die stryd eendag kan oorneem,” het hy gesê.

Comments:
Posted by Ronnie Jacobs on 24 August 2010 at 10:57
Ek will graag 'n beroep doen aan die volgende mense / partye / organisasies om hulle maligheid te laat staan en te erken dat daar 'n probleem is wat onherroplike skade gaan he aan alle nageslagte van die land.Soos die englse se "Lets be emotional mature" wanneer ons die en ander probleme probeer op los.1: Regering, beheer die toegang tot die land se grense. kry jou verantwoordelike departemente bevoeg en opgelei. Kry trots terug.a: Gebruik die Weermag in same werking met die SAPD en belangstenede organisasies (Soos die een wat Radio 702 gereel het)b: Ons Howe- Strawer maatreels teen die bowe wat stroop steel, moor ens. (Daar is nie respek vir die land reels of vrees vir die stawe wat uitgedeel word nie)c:Aan alle vuurwapen eienaars - PAS JULLE WAPENS OP! Kom ons wees meer verantwoordelik as die SAPD / WEERMAG wat duisend wapens verloor en geen / min optrde teen die lede is nied: ALMAL Saam kan die probleme verlig of opgelos kry (Kyk na die groter prentjie- weet hier kan ' ander debat volg)Dan laastens: Gebruik die anonieme "Crimeline' initiatief en rapporteer enig bedrog, stroopery ens https://www.crimeline.co.za / sms tip off 32211 - wees spesifiek met detail
Posted by Peet on 24 August 2010 at 07:04
In albei gevalle was dit "Illegal immigrants". Ek wonder hoefeel van die misdaad in die land en veral in die stede toegeskryf kan word aan die groep en hoekom daar nie baie strenger opgetree word om dit te vookom en skuldiges uit te skop?
Posted by Jagter on 24 August 2010 at 06:47
Plaas anoniem inligting by www.antipoaching.co.za en help die aanslag teen wildstropers!

No comments:

Post a Comment