Thursday, August 26, 2010

Aantygings oor Afrikaner-volksmoord "verspot"

Aantygings oor Afrikaner-volksmoord "verspot"
2010-08-24 14:40
Verwante skakels
Malema-saak: Lys van name bekend
Webblad monitor nou plaasmoorde
ANC-jeugliga beskuldig Afrikaners van volksmoord
Johannesburg - Die regering het Dinsdag aantygings van Afrikaner-volksmoord as "verspot" bestempel.“Daar is geen grootskaalse poging of proses aan die gang om ‘n Afrikaner-volksmoord teen boere te pleeg nie. Alhoewel ons erken dat misdaad boere beïnvloed, hanteer die regering alle misdaadsvoorvalle, nie net dié op plase nie,” het Themba Maseko, ‘n woordvoerder, gesê.Maseko se stelling kom nadat ‘n onbekende man die ANC-jeugliga se leier, Julius Malema, by die internasionale strafhof in Den Haag van volksmoord en misdade teen die mensdom verkla het.“Dit is belaglik, heeltemal belaglik,” het Maseko oor die aanklagte gesê.Die ANC-regering en ander hooggeplaastes word ook in die klag aangevat.Die Rustenburgse man was nie ’n misdaadslagoffer nie, maar het uitgebreide boerderybelange, het sy prokureur, Fanie van der Walt, gesê.Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: hof volksmoord afrikaners

No comments:

Post a Comment