Monday, August 23, 2010

Vuurpyl-lanseerders, mortiere soek by weermag


Vuurpyl-lanseerders, mortiere soek by weermag

2010-08-23 14:09
Ses vuurpyl-lanseerders en vier mortiere tel onder die wapentuig wat die afgelope jaar by die weermag verdwyn het.Die lanseerders sluit in drie 88mm-anti-tenk-wapens wat 'n gepantserde voertuig onskadelik kan stel, het die minister van verdediging, Lindiwe Sisulu, Maandag gesê.Sy het 'n geskrewe antwoord by die parlement ingedien oor wapens wat gesteel is of vermis word.Dit is skokkend, het mnr. Pieter Groenewald van die VF+ gesê."Dit is ontstellend, want die vuurpyllanseerders kan gebruik word teen tenks en voertuie.Die vraag is: Waarvoor wil hulle dit gebruik?"Daar is ook onder meer 87 7.62mm-gewere en 47 5.56-gewere gesteel sedert 2007."As ons na transitorooftogte kyk, is dit presies die soort wapens wat gebruik word," aldus Groenewald.Hy het gesê die verlies aan die wapens is weens "swak bestuur en beheer" in die weermag.Sisulu het gesê "alle moontlike stappe is gedoen" om te sorg dat wapens veilig gestoor word. - Sapa

No comments:

Post a Comment