Wednesday, June 16, 2010

Byna 40% van mediese offisiersposte in weermag is vakant


Byna 40% van mediese offisiersposte in weermag is vakant

2010-06-16 01:35

Pieter du Toit
Kaapstad. – Byna 40% van mediese offisiersposte vir dokters en spesialiste by die weermag se drie militêre hospitale in Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad is vakant.
Daar is ook ernstige tekorte aan aptekers, sielkundiges en fisioterapeute in uniform, het me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, in antwoord op ’n parlementêre vraag van mnr. Donald Smiles (DA) gesê.
Daarvolgens is 27% van die 9?823 poste in die SA Militêre Gesondheidsdiens nie gevul nie.
Benewens dokters en mediese spesialiste sluit dit ook paramediese beroepe soos radiografiste en steunpersoneel soos adminis­tratiewe beamptes in.
Volgens Sisulu word daar ruim gebruik gemaak van dokters wat van buite die SAMGD vir spesifieke werk ingekontrakteer word.
“Die duidelike tekorte is kommerwekkend omdat van ons soldate verwag word om te alle tye paraat te wees,” het Smiles gesê.
Mnr. Helmoed-Römer Heitman, ’n verdedigingskenner en korrespondent van die tydskrif Jane’s Defence Weekly, het gesê die SAMGD gaan al ’n tyd lank gebuk onder ’n verlies aan kundigheid.
- Die Bu

No comments:

Post a Comment