Wednesday, June 9, 2010

Lodge 'woedend' nadat WB-joernaliste beroof is


Lodge 'woedend' nadat WB-joernaliste beroof is
2010-06-09 14:02

Verwante skakels
Gewapende rowers oorval buitelandse media
Die mede-eienaar van Nutbush Boma, die vierster lodge waar drie oorsese joernaliste Woensdagoggend vroeg beroof is, het gesê dis die eerste voorval van dié aard by die lodge sedert hulle 15 jaar gelede hul deure oopgemaak het.Drie joernaliste, twee van Portugal en een van Spanje, is in hul kamers deur gewapende mans beroof.Hulle is in Suid-Afrika om te berig oor die 2010WB.“Ek is woedend, want ons het so hard daaraan gewerk om ‘n goeie reputasie op te bou,” het mnr. Nick Mauerberger, die mede-eienaar van die lodge in Magaliesburg, gesê.“Dit het nog nooit gebeur nie.”Hy het bygevoeg dat die lodge oor 24-uur sekuriteit beskik.Die polisie het glo aangebied om vir die duur van die toernooi ‘n paar polisiemanne daar te laat diens doen, aangesien daar so baie lede van die Portugese media daar bly.“Maar toe ons die polisie later hieroor kontak, het hulle gesê sekurtiteit is ons eie verantwoordelikheid,” aldus Mauerberger.Die rowers het die lodge blykbaar van die berg se kant af genader.Die polisie volg leidrade op.Die Jornal de Notícias in Portugal het berig ‘n fotograaf wat vir Global Images werk, is in die nag wakker gemaak met ‘n geweer teen sy kop.Blykbaar het die rowers met ‘n hele klomp toerusting soos kameras, skootrekenaars, selfone en TV's weggekom, maar niemand is tydens die voorval beseer nie.“Niemand is beseer nie en daar is nog niemand in hegtenis geneem nie.“Ons is egter vol vertroue dat die skuldiges vasgetrek sal word,” het Sally de Beer, polisiewoordvoerder, verseker.

No comments:

Post a Comment