Friday, June 18, 2010

Fratsongeluk eis SA sportlegende


Fratsongeluk eis SA sportlegende
2010-06-18 12:01


Johannesburg - Die Dusi-koning, Graeme Pope-Ellis, wat die Dusi-kanomarathon 15 keer gewen het, is in 'n ongeluk op sy plaas in Pietermaritzburg dood, het die Dusi-reëlingskomitee Vrydag gesê.

Pope-Ellis (62) het ploegwerk met sy trekker gedoen toe die trekke oor hom gerol het.

"Ons is absoluut verpletter deur die nuus. Graeme was 'n Suid-Afrikaanse sportikoon," het Ray de Vries, Dusi-woordvoerder, gesê.

"Ek was verlede week saam met hom toe hy aan The Unlimited Dusi Mfula bergfietsgeleentheid deelgeneem het en hy het gesê hoe baie hy dit geniet."

Pope-Ellis word oorleef deur sy vrou, Wendy, en hul dogter, Leigh.




- SAPA

No comments:

Post a Comment