Sunday, June 20, 2010

Oranje rokkies: 2 oorweeg regsaksie




Oranje rokkies: 2 oorweeg regsaksie


2010-06-18 22:32
Rokkies laat 2 in hof beland
Daniëlla du Plooy
Die twee Nederlandse vroue wat in hegtenis geneem is oor “roofbemarking” by WB 2010, oorweeg stappe teen Fifa en die polisie.Mee. Mirte Nieuwpoort (30) en Barbara Castelein (29) is Woensdag in die selle van die Booysens-polisiekantoor in Johannesburg aangehou voordat hulle in ’n spesiale WB 2010-hof verskyn het.Hulle word van die oortreding van die Wet op Bemarking en 2010 Fifa-regulasies aangekla, het me. ­Debbie Zin, aanklaer, gesê.Die twee was lede van ’n groep van meer as 30 vroue wat oranje rokkies gedra het wat ’n simbool van ’n advertensieveldtog van die Nederlandse bierbrouery Bavaria is. Die Amerikaanse bier Budweiser is ’n WB-borg en Bavaria word dus as ’n mededinger van Budweiser beskou. Die woord Bavaria verskyn een keer, piepklein, op die rokkies. Die groep het die rokkies tydens Maandag se wedstryd tussen Nederland en Denemarke in Soccer City gedra.Nieuwpoort en Castelein het in ’n verklaring van hul regs­firma, Bowman Gilfillan, gesê hulle wil uit die openbare oog bly, maar oorweeg stappe teen Fifa en die polisie. “Ons verstaan nie hoe dit kon gebeur het nie, veral as die Fifa-beamptes ons heeltyd daarop wys dat ons moontlik tot ses maande tronkstraf gevonnis kan word. Die eerste dae was veral erg – ons moes hoor dat ons nie mag hardloop nie, want ons kan dalk geskiet word!”Die vroue het gesê hulle glo alles sal goed afloop. “Kan jy jou indink ons moet tronk toe gaan omdat ons ’n oranje rok gedra het?”Bowman Gilfillan het in die verklaring gesê die vroue is rustig ondanks die trauma waardeur hulle is.“Woensdag is hul hotelkamer sonder ’n lasbrief deurgesoek en persoonlike artikels geneem. Dié optrede het onder meer hul reg op privaatheid en vryheid van spraak aangetas.”Die vroue oorweeg glo om “by die gepaste instellings” klagte teen Fifa en die polisie in te dien. Die hofverrigtinge is tot 22 Junie uitgestel. Die vroue moes elk R10 000 borgtog betaal, wat Bavaria glo namens hulle gedoen het.

No comments:

Post a Comment