Monday, June 7, 2010

Waar toeriste is, móét ook kondome wees




Waar toeriste is, móét ook kondome wees


2010-06-07 08:26


Karen Ebersohn
VolksbladBloemfontein – Alle gastehuise en hotelle in Bloemfontein móét vir die duur van die Wêreldbeker-sokkertoernooi gratis kondome aanhou en aan toeriste versprei.Dié dringende beroep is van mnr. Lele Mamatu, woordvoerder van die Mangaung-munisipaliteit se plaaslike reëlingskomitee.Hy sê die stad steun Fifa se se landwye veldtog om bewustheid oor vigs te verhoog. “Dit is vir ons net so belangrik dat mense veilige seks beoefen. Daarom wil ons mense in die akkommodasiebedryf aanmoedig om kondome beskikbaar te stel. In elke liewe plek waar toeriste gaan bly, moet daar kondome wees.”Luidens ’n verklaring van Fifa sal aktiwiteite oor vigs deurlopend plaasvind.“As beheerliggaam kan Fifa nou bevestig dat elke gasheerstad aangemoedig word om by die ondersteunersparke ’n tent beskikbaar te stel waar basiese medisyne, sonbrandmiddels en kondome gratis uitgedeel gaan word.”Voorts lui die verklaring dat inligtingsbrosjures oor vigs en kondome in elke gasheerstad deur nooddienswerkers versprei gaan word.“Vigs is ’n probleem oor die hele wêreld heen. Almal moet meer versigtig wees, veral ten tyde van groot gebeurtenisse waar die opwinding hoog gaan loop.”Luidens die verklaring ondersteun Fifa Suid-Afrika in sy stryd teen vigs.Mamatu sê die plaaslike reëlingskomitee ondersteun Fifa se verskillende veldtogte. Hy sê dit is geen geheim dat seksuele aktiwiteite in dié tyd gaan toeneem nie.“Die hele stad gaan by die vigsveldtogte betrokke wees. Dit is een van ons belangrike aktiwiteite.”Hy sê verantwoordelike toerisme moet te alle tye beoefen word.Ander gasheerstede het ook te kenne gegee dat hulle Fifa se veldtogte sal ondersteun.Me. Mariette du Toit-Helmbold, uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme, het ’n projek, Veilige Toerisme, aangekondig.Altesaam 160 000 kondome met die boodskap Speel veilig in Kaapstad gaan versprei word.In Johannesburg en Pretoria gaan inligtingsprogramme op TV-skerms, waar mense sokker kyk, gewys word.
- Volksblad

No comments:

Post a Comment