Friday, June 4, 2010

Wreedaardigheid van moorde blyk uit verslae


Wreedaardigheid van moorde blyk uit verslae

2010-06-03 01:01
Tom de Wet
VIRGINIA. – Die gruwelike wreedheid van die grusame en wreedaardige moorde op ’n bejaarde vrou van Allanridge en haar ongetroude dogter het hier in die hooggeregshof die eerste keer uit die lykskouingsverslae duidelik geword.
Mej. Helen Lotter (57) se dood is veroorsaak deur skerp trauma en beserings aan haar onderlyf toe sy en haar ma op 6 Maart 2009 in hul huis aangeval is.
Luidens die verslag van dr. Horst Bumba, wat as bewysstuk by die hof ingedien is, was mej. Lotter se voortande uit en haar hele liggaam was vol sny-, kneus en skaafwonde. Haar geslagsdele was vermink tot in haar ingewande, wat ook beskadig is. Met die lykskouing was daar geen uterus of serviks nie.
Hy beskryf die oorsaak van die beserings as “duidelike penetrasie met ’n skerp voorwerp”. Daar kon weens die omvang van dié beserings nie vasgestel word of sy verkrag is nie.
Luidens die verslag van dr. Wilhelm van Heusden is mev. Alice Lotter (76) dood weens verstikking en versmoring ná die inaseming van bloed weens penetrerende steekwonde in haar nek en keel.
Regter S.P.B. Hancke het gister in die binneverhoor in die verhoor van die twee beskuldigdes, mnre. Joseph Hlongwane (22) en Joseph Khumalo (21), bevind Hlongwane se bewerings dat hy deur die polisie gedreig, gedwing en voorgesê is wat hy in sy vroeëre bekentenis moet sê, is onwaar.
Regter Hancke het beslis dat Hlongwane die bekentenis, met detail-beskrywings oor hoe die aanval op die twee Lotter-vroue plaasgevind het en wat in hul huis gesteel is, vrywillig afgelê het en dit as getuienis toegelaat word.
Dit kom ná getuieis in dié verband deur landdros J.A. Smith van Wesselsbron voor wie die bekentenis afgelê is, asook kapt. Francois Laux wat by die uitwysings betrokke was, ao. James Mahlatsi, die ondersoekbeampte, en kapt. André Niemann wat Mahlahtsi na Smith in Wesselsbron gebring het.
- Volksblad

No comments:

Post a Comment