Sunday, May 23, 2010

Polisiekonstabel vas oor skietery op plaas





Polisiekonstabel vas oor skietery op plaas


2010-05-23 14:53
Verwante skakels
Polisieman aangekla van moord
Polisie sit lank vir mesmoord, roof
Polisie skiet verdagte dood
Johannesburg - ‘n Polisiekonstabel is in hegtenis geneem vir poging tot moord, het die Noord-Wes-polisie Sondag gesê.Lt.gnl. Lesetja Ephraim Beetha het gesê die konstabel (34) was na bewering deel van ‘n groep wat Vrydag ‘n plaas buite Schweizer-Reneke wou beroof.Die boer het glo geweerskote op sy plaas gehoor en gesien hoe drie mense deur die hek kom. Nadat nog ‘n skoot gevuur is, het die boer sy vuurwapen uitgehaal en terug geskiet. Die verdagtes het te voet gevlug.Bure het begin soek vir die vermeende diewe en ‘n vrou gestop wat ‘n bakkie op die Hartsfontein-grondpad bestuur het. Die polisie het toe op die toneel aangekom en het die voertuig deursoek.“Die bestuurder se polisie-identifikasiesertifikaat is in haar besit gevind.” Die polisie het ook ‘n vuurwapen, ‘n polisieflits, tweerigting-radio’s en ‘n polisie-aanstellingsertifikaat van iemand wat in Februarie uit die polisie bedank het, gevind.Die voertuig was in die naam geregistreer van die polisie-amptenaar wat bedank het. Die konstabel, wat in die Florida-misdaadvoorkomingseenheid werk, is dadelik gearresteer.Die polisie het Saterdag nog ‘n mens in hegtenis geneem wat glo deel is van die vermeende rowers.“Ons het inligting ontvang dat die derde verdagte – die polisie-amptenaar wat bedank het – binnekort aan die polisie oorhandig sal word deur sy regsverteenwoordiger.” Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is, sal Maandag in die Schweizer-Reneke-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord. - Sapa
Lees meer oor: misdaad schweizer-reneke polisie

1 comment:

  1. ....."Florida-misdaadvoorkomingseenheid werk".....

    Hulle ry ver om plase aan te val?

    Wie betaal hulle?

    ReplyDelete