Friday, April 16, 2010

2 wou glo misdaad pleeg soos in flieks







2 wou glo misdaad pleeg soos in flieks



2010-04-15 23:39

Mnr. Adriaan van der Vyver (35) en mnr. Hendrik de Jager (28) word deur kol. Jan Scheepers weggelei ná hul arrestasie. Foto: Sonja van Buul
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Sonja van Buul
Vanderbijlpark. – In flieks word die volmaakte misdaad helder oordag en reg onder die polisie se neuse gepleeg.Maar twee mans wat deur flieks geïnspireer is, het op die harde manier uitgevind life doesn’t imitate art.Trouens, hulle was al in boeie nog voordat hulle hul beweerde beplande rooftog kon pleeg. Mnre. Adriaan van der Vyver (35) en Hendrik de Jager (28) se mislukte beweerde misdaad het hom gister hier oorkant die Vanderbijlpark-polisiekantoor afgespeel.Volgens ao. Kinnie Steyn, polisiewoordvoerder, was die mans glo van plan om die winkel te beroof en het die polisie uit die gemeenskap daarvan te hore gekom. Volgens ’n bron na aan die ondersoek het die twee mans die idee uit flieks gekry. ’n Spesiale taakspan van Pretoria en lede van die Vanderbijlpark-polisie was gisteroggend gereed toe die mans by die winkel opdaag, het Steyn gesê.Die mans het reeds naby die winkel rondgestaan toe me. Susan Kok, winkeleienaar, by Pic a Pet aangekom het.“Die polisie het my die vorige aand gewaarsku oor die beplande winkelrooftog en gevra ek moet normaalweg die winkel oopsluit en aangaan met besigheid,” het Kok aan Beeld gesê. “Die polisie het my belowe hulle sal my en my werknemers beskerm.”Volgens kol. Jan Scheepers, seksiehoof van sigbare polisiëring in Vanderbijlpark, het van die lede in die operasie hulle as boemelaars voorgedoen en voor die winkel gelê.Me. Charmaine Berriman, ’n werknemer, het geweier om saam met die ander werknemers agter in die winkel te skuil en het Kok se motor gaan skuif, “net vir ingeval”.Die polisie, Kok en werknemers het nie geweet hoe, wanneer en met watter wapens die mans wou toeslaan nie.Die twee het in die straat verby Berriman geloop, maar niks aan haar gedoen nie.“Die polisie het die mans ongeveer ’n uur lank dopgehou en hulle is gepak voordat hulle die winkel kon binnegaan en lewens in gevaar stel,” het Steyn gesê. “In die mans se voertuig, wat twee blokke van die dierewinkel af geparkeer was, het die polisie onder meer ’n windpistool (BB gun), pepersproei, klapmusse, handskoene, ’n skokstok en kabelbinders gevind,” het sy gesê.Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot sakeroof en ’n saak van sameswering om ’n misdaad te pleeg.Die mans verskyn na verwagting vandag in die Vanderbijlpark-landdroshof.Een van die mans het voorheen ’n kort tydjie in die winkel gewerk.

1 comment:

  1. Dumb; Dumb; Dumbster!

    What a treat for the police.

    Now to prove that their suspects were not mentally retarded.

    ReplyDelete