Friday, April 9, 2010

Nog twee verdagtes vas ná moord op Ikey




Nog twee verdagtes vas ná moord op Ikey


2010-04-08 22:37
Maygene de Wee
Kaapstad – Nog twee verdagtes wat van die moord op mnr. Dominic Giddy (21) in Februarie verdink word, is Woensdag deur die polisie in hegtenis geneem.
Giddy, ’n Ikey-student, is op 13 Februarie dood toe hy en twee vriende na bewering deur drie onbekende mans in Observatory aangeval is.
Die drie vriende het van Hoofweg in die rigting van Kotzestraat gestap toe hulle deur die mans genader is.
’n Geveg het tussen die twee groepe uitgebreek en Giddy is drie keer met ’n skerp voorwerp in sy bors gesteek.
Een van sy vriende is in sy hand gesteek en die ander se kakebeen is beseer. Giddy het op die toneel gesterf. Die eerste verdagte, mnr. Zukisani Sonqwaku (22) van Langa, is kort ná die voorval in hegtenis geneem.
Sers. Hilton Malila, woordvoerder van die Woodstock-polisiekantoor, het gesê die drie verdagtes verskyn môre in die landdroshof hier op aanklagte van moord en roof.
- Die Burger

No comments:

Post a Comment