Wednesday, April 21, 2010

Selfone kan jou siel versteur – wetenskaplike


Selfone kan jou siel versteur – wetenskaplike
2010-04-20 21:48

Fanie van Rooyen
Oorgenoeg bewyse bestaan dat bestraling van sel­fone en selfoontorings skadelik vir die gesondheid van veral kinders, swanger vroue en ongebore babas kan wees.Dit is die boodskap wat prof. Barrie Trower, ’n afgetrede wetenskaplike van die Britse militêre intelligensiediens en ’n kundige in mikrogolf-bestraling, gister aan lede van die media oor- gedra het op ’n mediakonferensie in Illovo, Johannesburg.Hy het gesê swanger vroue behoort “nie naby ’n selfoontoring te kom nie” omdat mikrogolf­bestraling die fetus permanent kan skaad en hy beywer hom vir die verwydering van selfoon­torings en WiFi-punte in skole.“Selfoonoperateurs wat sê dat bestraling van selfoontorings veilig en onskadelik is, lieg blatant,” het Trower gesê.Die Stigting vir Navorsing oor Elektromagnetiese Bestraling in Suid-Afrika (EMRRSA) het hom genooi om met belangegroepe in Suid-Afrika te kom praat oor die gevare van bestraling van selfone en selfoontorings.Trower, wat tydens die Koue Oorlog nou betrokke was by die toets van “mikrogolf-wapens”, het volgens mnr. Dave McGregor, stigterslid van die EMRRSA, ’n unieke kundigheid in dié veld.Mikrogolf-wapens word volgens Trower al 60 jaar lank deur die VSA, Brittanje en Rusland gebruik om politieke opponente siek te maak, hul gedrag te verander of aan hulle sielsversteurings te gee deur hulle met sterk mikrogolf-polse te bombardeer.Hy het verwys na Russiese agente wat dekades lank die Amerikaanse ambassade in Moskou met mikrogolwe bestraal het – en dat drie ambassadeurs gevolglik aan bloedkanker dood is.“Daar is absoluut geen verskil tussen die mikrogolf-wapens wat ons in die Koue Oorlog gebruik het en van die sterker mikrogolwe wat vandag deur selfone en selfoontorings in alle rigtings uitgestraal word nie,” het Trower gesê.Hy het na verskeie internasionaal erkende wetenskaplike studies, insluitend studies vanuit die selfoonbedryf self, verwys waarin daar bevind is die mikrogolf-bestraling van selfone en selfoontorings kan verskeie soorte kanker, die beskadiging van genetiese materiaal, gedragsveranderings en sielsversteurings veroorsaak.Me. Yolanda Berry, woordvoerder van Vodacom, het by navraag gister gesê Vodacom sal binnekort daarop reageer.

No comments:

Post a Comment