Friday, April 30, 2010

Deel van heining, kragkabels gegaps








Deel van heining, kragkabels gegaps



2010-04-30 00:16

Erika Gibson
Komatipoort. – Minstens 15 km se elektriese kabels van die grensheining tussen Mpumalanga en Mosambiek is gesteel, sowel as groot dele van die heining self.Die kontrak vir die instandhouding daarvan het in Desember verlede jaar al verval. Sedertdien word die pad parallel met die heining, wat deur dieselfde kontrakteur behartig is, ook nie meer in stand gehou vir grenspatrollies nie.Net soos op die Zimbabwiese grens in Limpopo lê daar vir die weermag ’n bykans bomenslike taak voor om strukture weer tot stand te bring.Dié taak is sedert die begin van die week weer dié van die weermag nadat die polisie in 2005 eers die rol oorgeneem het en nou weer gaan terughandig.Die polisie gaan binne die volgende maand van die eggo-stasies al langs die 60 km lange grensheining suid van die Krugerwildtuin onttrek, terwyl die weermag sy eerste kompanie van Potchefstroom af ontplooi.Die polisie sal egter steeds ’n komponent op die grense behou as deel van die nuwe multidepartementele benadering wat tot die bewaking van grensposte, hawens en lughawens beoog word.Die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging het saam met me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, die afgelope week hulself eerstehands vergewis van die vervalle toestand waarin die heinings en beheerposte is.Die Mosambiekse heining is een van die vernaamste plekke waardeur internasionale sindikate duur gesteelde viertrekvoertuie, motorfietse en ander voertuie smokkel.Die roetes is selfs vir die onkundige oog duidelik. Die sindikate bring die voertuie van Gauteng, steek dit weg naby die grens met die samewerking van die plaaslike bevolking en neem dit dan op ’n gegewe tyd oor.Die sindikaatlede, wat gewapen is met outomatiese vuurwapens, hou die heining netjies “heel” tot wanneer die voertuie deurkom. Dan word die drade binne ’n uur geknip en tot vyf of ses voertuie beweeg deur die grens tot in Mosambiek.Volgens genl. Godfrey Ngwen- ya, weermaghoof, kyk die verdedigingsbedryf tans na die opsies om die grensheiningskonsep dalk anders te benader om meer doeltreffend teen ’n tang en ’n vasberade onwettige immigrant te wees.Die grensbeskermingsagentskap, wat tans nog geen statutêre mandaat het nie, sal hopelik in die toekoms dié benadering ook tussen departemente tot gevolg hê.Volgens kol. Lucas Delport van die Gesamentlike Operasiesentrum van die weermag vorder die agentskap se werksaamhede fluks sedert sy totstandkoming in Desember.Die regering het die opdrag vir die totstandkoming daarvan onder die leiding van die departement van staatsveiligheid gegee. Die doel is om met meer planmatigheid alle amptelike toegangspunte tot die land te beheer.“Die argument is dat grense die land se soewereiniteit beskerm. Grensheinings, -poste, hawens en lughawens is dus alles nasionale bates.” “’n Grensheining is nie net bloot iets wat onwettiges moet uithou nie. “Dit is ’n land se manier om te sê: ‘Hierdie is myne en ek sal sê wie kom hier in’,” het Delport gesê.
Senior Cope-lede kap terug
’n Insinuasie deur die Cope-leier, mnr. Mosiuoa Lekota, dat die party se parlementêre geldsake toegesmeer word, is van “alle waarheid ontbloot”.

5 jaar tronkstraf oor bedrog op Gumtree
’n Man wat mense op die advertensie-webwerf Gumtree bedrieg het, is gister tot effektief vyf jaar tronkstraf gevonnis.
DisplayDCAd('468x120','1','',false,false);
binne beeld

Kommentaar
Rowers vermoor man by kind
Vrou baklei nog ná skoot in kop
Baba-aanval: twee vra ‘gratis borgtog’
2 vry oor polisiefout
Boelies steek 12-jarige aan die brand
SMS oor moorde bekyk op hoë vlak
In 60% van gevalle is bouers deel van roof
Rowers vermoor man by kind
Swanger vrou, 2 beseer in kuierplek-klopjag
Rowers vermoor man by kind
‘Jy lê daar as ’n pa, maar kan nie jou kind beskerm’
2 vry oor polisiefout
Moet Marzaan vir aanval skuld kry?
Wat dink jy?

No comments:

Post a Comment