Saturday, April 24, 2010

Veiligheidsplan vir Wes-Kaapse plase ‘suksesvol’













Veiligheidsplan vir Wes-Kaapse plase ‘suksesvol’

2010-04-24 02:56

Tisha Steyn
George – Die verhoudinge tussen boere en hul werkers in die Wes-Kaap is die beste in die land.Só het mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou en landelike ontwikkeling, by navraag aan Die Burger gesê oor landelike veiligheid in die Suid-Kaap.“Boere en plaaswerkers moet nie uitgesonder word wanneer misdaad bespreek word nie, maar mense op die platteland en plase is inderdaad uiters blootgestel aan misdaad.“Gelukkig is daar goeie samewerking tussen die georganiseerde landbou en die polisie in die Wes-Kaap. Boere werk op alle beskikbare forums saam met die polisie.“Net so is daar baie goeie verhoudings tussen boere en werkers op ons plase. Hierdie mense moet immers na mekaar se veiligheid omsien.” Ao. Carel Strauss, die polisie se hoof van landelike beveiliging in die Klein-Karoo, het beaam dat daar ’n goeie vertrouensverhouding tussen boere, plaaswerkers en die polisie is. Daar is ook ’n plan van aksie wat in alle noodgevalle in werking tree.Die Klein-Karoo is verdeel in 10 gebiede wat ooreenstem met die Agri-streke, en elke gebied het ’n hoofkoördineerder. Dié gebiede is weer in kleiner selle verdeel, elk met ’n koördineerder wat gewoonlik ’n boer is.“Die polisie en die koördineerders ken die plase en al die mense wat daar woon,” het Strauss gesê.Wanneer ’n misdaad gepleeg word, lig die hoofkoördineerder die selkoördineerders en polisie onmiddellik in en daar word gesamentlik opgetree.In die geval van ’n natuurramp word die kantoor van die bestuurder van Agri Klein-Karoo, mnr. Piet Lodder, ook ingelig, waarvandaan boere per e-pos en SMS oor die situasie ingelig word. ’n Gesamentlike operasionele sentrum word ook ingerig.Beamptes wat by landelike veiligheid betrokke is, woon vergaderings van Agri Klein-Karoo en gemeenskapspolisiëringsvergaderings by en gee kwartaalliks terugvoering aan die hoof van die afdeling in Kaapstad.Die veiligheidstelsel in die Sentraal-Karoo is ook ’n sukses.Ao. Aubrey Sedres van Beaufort-Wes het gesê: “Hier is byna geen plaasaanvalle nie, buiten die een naby Letjiesbos in Desember toe ’n man drie mense doodgeskiet het. In sekere gebiede kom wel veediefstal voor.”Skape en bokke word soms vir die pot gesteel en geslag en soms kom gewone diefstal op plase voor. “Daar is dalk gesinsgeweld, maar dit word nie dikwels aangemeld nie.”In die Tuinroete sluit landelike beveiliging ook landelike woongebiede in. Sektorbevelvoerders is toegerus met ’n polisievoertuig en selfoon en patrolleer hul sektore in skofte. Boere en vrywilligers, van wie sommige reserviste is, vorm deel van ’n plaaswagstelsel.Volgens kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder in die Suid-Kaap, kom geweldsmisdaad wat met drank en dwelms gepaardgaan asook gesinsgeweld hier voor.

No comments:

Post a Comment