Wednesday, April 21, 2010

Trein ontspoor in Pretoria




2010-04-21 13:46
Minstens twee passasiers is dood en een kritiek beseer toe 'n luukse trein Woensdag in Capital Park in die Moot in Pretoria ontspoor het."Van die waens het bo-op mekaar te lande gekom," het mnr. Chris Botha van Netcare 911 gesê. Sover verneem word het 17 waens ontspoor.Die Rovos was van Kaapstad na Pretoria onderweg toe die ongeluk plaasgevind het.Daar moes gate in van die waens gesny word om heelwat van die passasiers te bevry. Altesame 25 van die 47 passasiers en 32 bemanningslede is ernstig beseer. 'n Ernstig beseerde passasier is per helikopter van die toneel weggeneem. Beeld verneem dat daar 'n groep van sowat 30 Amerikaners op die trein was. - Virginia Keppler en SapaLees later meer in Beeld.
* Indien jy op die toneel is, stuur jou foto's na beeld.com by web@beeld.com

No comments:

Post a Comment