Saturday, April 24, 2010

Jong ma se lyk in afvoerpyp gevind











Jong ma se lyk in afvoerpyp gevind
2010-04-24 13:00

'n Foto van Liesel Fourie op die dag van haar verdwyning, gepos deur 'n vriendin, Antoinette, op 'n Facebook-bladsy ter nagedagtenis aan Fourie.
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Verwante skakels
Pa hoor dogter se hulpkrete voor moord
Moord op vrou in restaurant skok kusdorp
Plaasvrou koelbloedig vermoor
Charles Thompson
- Die lyk van 'n 28-jarige ma van twee, Liesel Fourie, is in 'n stormwaterpyp gevind ná sy vir dae lank vermis was.Fourie se verloofde, Cobus Hanneman, het Saterdag aan Nuus24 gesê sy is ook verkrag."Haar hande was met haar broek agter haar lyf vasgebind en haar gesig was inmekaargeslaan," het Hanneman per telefoon gesê.Fourie, wat in Rustenburg gewoon het, was op 'n naelversorgingskursus in Benoni die afgelope maand.Sy het by haar ouers in Brakpan tuisgegaan."Liesl het net gou winkel toe gery vir brood en melk," het Hanneman gesê oor Fourie se verdwyning op Vrydag, 16 April.Fourie het egter nie dié betrokke dag teruggekeer van die winkel, Caroline's in Voortrekkerstraat, Brakpan, nie.Haar ouers het onraad vermoed en die polisie in kennis gestel.Fourie se voertuig is eers verlede Dinsdag in Windmill Pioneers Park, Springs, gevind."Die agtervenster was stukkend en daar was bloed op die motor," het Hanneman die toneel beskryf.Fourie se lyk is sowat 500m van die motor in 'n stormwaterpyp gevind.Volgens Hanneman het die polisie vingerafdrukke op die voertuig gekry, en sal DNS-toetse ook gedoen word.Spring-polisie het Saterdag gesê die saak word ondersoek, maar kon geen verdere inligting uitreik nie.'n Begrafnisdiens vir Fourie sal Maandag, 26 April, om 11:00 by die Sewendedag-Adventiste Kerk in Hastingslaan, Brakpan, plaasvind.Sy laat twee seuns agter.- Nuus24
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: misdaad moorde
-----------------------------------------------------------------------
Misdaad Moord en verkragting:
Ouma, kleinkind doodgekap
2010-04-23 18:03
Verwante skakels
Man met byl doodgekap
Sangoma met byl doodgekap
Sieklike man met panga doodgekap
Butterworth – ’n 73-jarige Ouma en haar kleindogter (8) is in Tholeni naby Butterworth doodgekap, het die Oos-Kaapse polisie Vrydag gesê.Kapt. Jackson Manatha het gesê die twee slagoffers is na bewering Donderdagaand vermoor.Familielede het onraad vermoed toe die bejaarde vrou nie by die kantoor opgedaag het om haar pensioengeld te gaan afhaal nie.“’n Familielid het op versoek van haar susters na haar huis gegaan om te kyk of sy daar is. Nadat niemand die deur oopgemaak het nie, het die familielid deur die venster gekyk en die twee slagoffers se lyke in ‘n bloedbad gesien lê," het hy gesê.Manatha het gesê beide slagoffers het wonde aan hul bolyf opgedoen en hulle altwee is na bewering verkrag.Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.Sowat tien vrouens en kinders is gedurende 2008 in dieselfde dorp vermoor, het Manatha bygevoeg.- Sapa
Lees meer oor: verkragtings moorde

No comments:

Post a Comment