Monday, April 5, 2010

Advokate terug in poste ná herontplooing











Advokate terug in poste ná herontplooing




2010-04-05 15:46
Verwante skakels
Mpshe bedank by NVG
E.tv en NVG vergader
NVG dien Gilder-dokumente in
Johannesburg - Drie senior staatsaanklaers wat na laer howe geskuif is, sal Dinsdag na hul kantore terugkeer, berig The Star.Dié drie was onder 14 staatsaanklaers wie se status en verantwoordelikhede eensydig deur adv. Menzi Simelane, hoof van die nasionale vervolgingsgesag, verlaag is.Die NVG het gesê hulle is vir operasionele redes herontplooi.Die herontplooing van die drie advokate is gestaak ná 'n vergadering tussen die NVG en Vereniging van Staatsamptenare (VSA), het The Star Maandag berig.Advv. Retha Meintjes SC en George Baloyi, albei adjunkdirekteurs van openbare vervolging in Pretoria, en Connie Erasmus is verlede week gevra om van Dinsdag af as staatsaanklaers by landdroshow in Tshwane op te tree.Dit is nie duidelik of dieselfde besluit geld vir André (Lampies) Lamprecht, hoofaanklaer van die Wes-Rand, nie.Die verteenwoordiger van Lamprecht se vakbond het gesê sy skielike verwydering uit sy pos kan verbind word met die Jub Jub-moordsaak.Lamprecht is van sy pligte onthef nadat hy geweier het om Simelane se opdrag om nié borgtog vir die musikant Jub Jub teen te staan nie, uit te voer.Molemo "Jub Jub" Maarohanye en sy mede-beskuldigde Themba Tshabalala is aangekla ná 'n wilde jaagtig waarin vier skoolkinders gesterf het.Lamprecht is mondelings gevra om nie borgtog teen te staan nie, maar wou dít nie doen voor hy die versoek op skrif kry nie. Hy het nooit skriftelike kennis ontvang nie.Mthunzi Mhaga, NVG-woordvoerder, het ontken dat dié skuif verband hou met die Jub Jub-saak.Manie de Clercq, VSA-woordvoerder, het gesê die NVG het mondelings ingestem dat die advokate nie Dinsdag vir diens moet aanmeld in hul nuwe hoedanigheid nie."Ons wag vir geskrewe bevestiging, maar ons aanvaar dat ons dit waarskynlik eers Dinsdag sal kry wanneer hul kantore heropen."– Sapa
Lees meer oor: nvg hof

No comments:

Post a Comment