Wednesday, April 7, 2010

Gelowiges, tree in die bres vir SA’







Gelowiges, tree in die bres vir SA’



2010-04-07 09:45

Verwante skakels
Buchan verwag 400 000 by saamtrek
Boere haal kankerlyer se oes van die lande
Buchan, Zille bid vir beter SA
Neels Jackson, Beeld
Johannesburg – Dis tyd vir gelowiges om op te staan en hul stemme te laat hoor teen die vrees en negatiwiteit in Suid-Afrika.Dit was gister die boodskap van Angus Buchan, Greytownse evangelis wat besig is om voor te berei vir die laaste Mighty Men-konferensie op sy familieplaas.Buchan is bekommerd oor Suid-Afrika.Oor die atmosfeer in die land ná die moord op Eugène Terre’Blanche het hy gesê hy kry die indruk daar is baie vrees en kommer. Hy voel ’n klomp woede en paniek. Mense raak desperaat.Emosies soos vrees, woede en paniek kom egter van die duiwel, het Buchan gesê. Die Here bring geloof, hoop en liefde.Buchan het verwys na Esegiël 22:30, waarin die Here sê Hy soek iemand wat vir die stad in die bres kan tree sodat dit nie vernietig word nie. Dis wat gelowiges nou moet doen.Hy het ook verwys na Jeremia 29:11-13, waar God aan sy mense sê Hy beplan vir hulle voorspoed, nie teenspoed nie. Hy wil vir sy mense ’n toekomsverwagting gee en as hulle tot Hom bid, sal Hy hul gebede verhoor.Buchan, wat telkens beklemtoon het dat hy wit en swart insluit as hy van gelowiges praat, het gesê die laaste ding wat mense nou moet doen, is om weg te hardloop.“We must vasbyt,” het hy op sy kenmerkende manier gesê. “Ons het so ’n wonderlike land met sulke pragtige mense, ons kan dit nie bekostig om dit nou weg te gooi nie.”Buchan het gesê voorbereidings vir volgende naweek se Mighty Men-konferensie is voluit op dreef. Hulle maak reg vir honderdduisende mans. – Beeld

No comments:

Post a Comment