Thursday, April 22, 2010

Werker skiet glo op plaasvrou


Werker skiet glo op plaasvrou

2010-04-22 08:51

Verwante skakels
ANC-LP: 'Boere steel hul eie vee'
Boer se lyk op plaas gevind
Ventersdorp-boer aangeval op plaas
Vicüs Bürger, Volksblad’n Plaaswerker het na bewering ’n vrou op ’n plaas in die Reddersburg-distrik probeer doodskiet nadat sy hom daarvan beskuldig het dat hy drentel.Heilie Labuschagne (38) van die plaas Erasmusfontein het wonderbaarlik ongedeerd van die aanval afgekom.Lt.kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê Labuschagne het Woensdagoggend gereed gemaak om na Bloemfontein te vertrek.Sy het haar handsak, waarin ’n .22-pistool was, in die Ford Ranger-bakkie, asook die voertuig se sleutel in die aansluiter gelos, terwyl sy gou iets in die huis gaan haal het.Sy wou die agterdeur sluit toe ’n 18-jarige werknemer haar terug in die huis gestoot het.Hy het haar na bewering twee keer probeer skiet met die pistool wat hy vermoedelik uit die bakkie gesteel het. Nie een skoot het egter afgegaan nie.’n Ander werknemer het gesien wat gebeur en Labuschagne gaan help. Die jong man het na bewering toe ’n skoot op sy kollega afgevuur, maar hom gemis.Hy het uit die huis gehardloop en in die bakkie gevlug.Die polisie is oor die aanval ingelig en het naburige boere ontbied. Hulle is gevra om by alle uitgangsroetes wag te hou.Sowat 10km van die plaas het ’n boer die vermeende aanvaller vasgetrek. Die vuurwapen is in sy besit gevind.Die jong man is in hegtenis geneem en sal Donderdag in die Reddersburg-landdroshof op aanklagte van poging tot moord, asook diefstal van ’n voertuig en vuurwapen en ammunisie verskyn.Mbambo sê in die ondersoek is gevind dat die verdagte sy werkgewer vermoedelik probeer skiet het omdat sy hom vroeër gekonfronteer het omdat hy drentel en nie werk nie. Die man het vier maande lank op die plaas gewerk.

No comments:

Post a Comment