Friday, April 9, 2010

Joernaliste moet saamstaan teen Malema







Joernaliste moet saamstaan teen Malema



2010-04-08 19:57
Verwante skakels
Malema jaag Britse joernalis uit konferensie
eNews-joernalis vas
Joernalis by casino-rooftog doodgeskiet
Johannesburg – Alle joernaliste wat teenwoordig was by die ANC-jeugliga se perskonferensie, waartydens Julius Malema ‘n Britse joernalis ‘n “bliksem” genoem het, moes uitgestap het. Dit was Donderdag die mening van die National Press Club (NPC) nadat chaos losgebars het tydens die konferensie wat in die Luthuli-huis in Johannesburg gehou is.“Ons joernaliste moet saamstaan. Dit is heeltemal geskik om uit ‘n perskonferensie te stap as dit in ‘n bakleiery ontaard en joernaliste verneder word,” het Yusuf Abramjee , voorsitter van die NPC, gesê. “Hierdie is nie die eerste keer dat Malema besluit het om ‘n joernalis aan te val nie. Dit het die laaste paar weke al hoe meer plaasgevind.” Malema was glo besig om kritiek te lewer teenoor die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) in Zimbabwe, toe die joernalis, Jonah Fisher van die BBC, hom attent gemaak het op die feit dat hy in Sandton woon. ‘n Woedende Malema het geskree; “Hier gedra jy jouself of jy spring. Moenie hierheen kom met jou wit neigings nie. Uit jou bliksem, bleddie agent.” Malema het later verduidelik dat die jeugliga se leierskap nie op hulle eie perseel ondermyn sal word nie. “Hierdie is nie ‘n speelgrond nie,” het hy gesê. Volgens Abramjee is hierdie soort van gedrag “onaanvaarbaar”. - Sapa
Lees meer oor: media joernaliste

No comments:

Post a Comment