Monday, April 12, 2010

Valke vang 11 van sindikaat




Valke vang 11 van sindikaat


2010-04-12 01:34
Karen Ebersohn
Elf verdagtes, onder wie ’n 66-jarige vrou van Botshabelo, wat vermoedelik deel is van ’n sindikaat wat ondernemings beroof en motors gekaap het, is deur die Bloemfonteinse Valke aangekeer.
Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die eerste verdagtes is reeds in Desember verlede jaar aangekeer. “Knap opvolgwerk” het daartoe gelei dat ’n hele sindikaat eindelik oopgevlek en in hegtenis geneem is.
Die sindikaat was na bewering onder meer betrokke by die rooftog van ’n lugversorgingswinkel in Universitas in November verlede jaar.
Mophiring sê die eienaar van die onderneming is deur ses gewapende verdagtes oorval en van kontant, juwele en vuurwapens beroof.
Die 66-jarige vrou van Botshabelo is glo ’n werknemer van die onderneming. Sy is vermoedelik die laaste verdagte wat deel is van die sindikaat en is Saterdag aangekeer.
Die ander verdagtes is almal tussen 30 en 40? jaar oud.
Mophiring sê sedert die sindikaat oopgevlek en die lede in hegtenis geneem is, het die rooftogte by ondernemings in Bloemfontein aansienlik afgeneem.
Die sindikaat was na bewering ook betrokke by kapings in die stad.
Maj.genl. Jacob Tsumane, provinsiale hoof van die Valke in die Vrystaat, sê dit is veral rooftogte by ondernemings met buitelandse eienaars, wat nou drasties afgeneem het. “Dit is omdat dié ondernemings die sindikaat se teiken was. Maar ons is nog nie klaar met misdadigers in die stad nie. Danksy die doeltreffende werk van ons polisielede word verdagtes aangekeer.”
- Volksblad

No comments:

Post a Comment