Sunday, April 18, 2010

Zuma-telg kry hande op Sishen-ystergeld
























Zuma-telg kry hande op Sishen-ystergeld






2010/04/18 12:52:00 AM Jan de Lange


Verwante artikels
Staat pak staalreus in staalprys-oorlog
Ongesonde staalbedryf moet dringend verander
Dispuut oor bestaan van kontrak tussen Kumba, Amsa

Hoofberigte
Zuma-telg kry hande op Sishen-ystergeldApr 18 2010 00:52
Bande is die afgelope twee weke gesmee tussen Imperial Crown Trading 289 (ICT) en mnr. Duduzane Zuma, flambojante seun van pres. Jacob Zuma.
R75 mjd. om paaie te herstelApr 18 2010 00:52
Tot 80% van Suid-Afrikaanse paaie is ouer as hul nuttige lewensduur van 20 jaar.
Dis te duur om sake in Afrikaans te bedryfApr 18 2010 00:52
Daar is aanduidings dat Afrikaans besig is om veld te verloor in die sakewêreld. Selfs erkende taalbulle swig in hul maatskappye voor die koste daarvan om in Afrikaans sake te doen.

Johannesburg. -


Bande is die afgelope twee weke gesmee tussen Imperial Crown Trading 289 (ICT), die maatskappy wat in omstrede omstandighede mineraalregte in die wêreldbekende Sishen-myn verkry het, en mnr. Duduzane Zuma, flambojante seun van pres. Jacob Zuma.
Die afgelope paar weke het ook verskeie direksieskuiwe in ICT gesien.
Duduzane Zuma (27) is saam met mnr. Jagdish Parekh ’n direkteur en aandeelhouer van JIC Mining Services, ’n kontrakteur-mynmaatskappy wat hoofsaaklik arbeidsmakelaardienste aan myne lewer. Parekh het die afgelope twee weke ’n direkteur van ICT geword en volgens hom besit hy 50% van ICT.
Dit beteken dat Parekh nou 10,7% van die mineraalregte in die Sishen-myn besit – die wêreld se grootste ysterertsmyn by Kathu in die Noord-Kaap.
Maar dis hoogs onwaarskynlik dat hy dié belange in sy private hoedanigheid besit – dit sal hom oornag een van die rykste mense in die land maak. Hy verteenwoordig waarskynlik JIC as die regte aandeelhouer. Parekh is uitvoerende hoof en ’n aandeelhouer van JIC. Zuma Jnr. hou ook aandele in JIC, en dus in ICT.
Volgens die departement van minerale bronne het ICT op 1 Mei verlede jaar aansoek gedoen om 21,4% van die mineraalregte in Sishen – dieselfde dag waarop Kumba Iron Ore vir dieselfde regte aansoek gedoen het.
Die regte het aan ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) behoort, maar dit het die vorige dag, op 30 April 2009, verval omdat Amsa nie aansoek gedoen het om die omskakeling daarvan na nuwe-orde-regte kragtens mineraalwetgewing nie.
Die regte is op 17 Maart vanjaar deur die departement aan ICT toegeken. Kumba, wat die myn bedryf, het egter teen die beslissing geappelleer en die departement van minerale bronne hersien dit nou.
Mnr. Chris Griffith, uitvoerende hoof van Kumba, het vandeesweek tydens ’n mediabesoek by die myn gesê die groep staan by die hersiening van die beslissing.
Duduzane Zuma en sy tweelingsuster, Duduzile, is bekend om hul hoë lewenspeil en blink lewenstyl. Sowat 600 mense is verlede jaar na hul verjaardagparty in die Inanda Club in Sandton genooi – onder hulle van die land se bekendste glansgaste soos me. Khanyi Mbau, mnr. Julius Malema, president van die ANCjeugliga en Tansey Coetzee, ’n voormalige Mej. SA.
Hy het Kersfees verlede jaar op een van die wêreld se grootste en mees luukse passasierskepe, die Oasis of the Seas, deurgebring in ’n dubbelverdieping-suite wat tussen R150 000 en R250 000 per week gekos het.
Sy tweelingsuster is in die direksie van Sahara Computers, een van die land se grootste rekenaarsmaatskappye, aangestel ses maande nadat haar pa in Desember 2007 president van die ANC geword het. Sy het haar pa bygestaan tydens sy verkragtingverhoor in 2007 en het as karaktergetuie in die verhoor getuig.
Hul ma, Kate Mansho, is in 1976 met pres. Zuma getroud. Hulle het vyf kinders gehad. Sy het in 2000 selfmoord gepleeg.
--------------------------------------------------------------------------
Zuma's son linked to Sishen firm
Apr 18 2010 10:59 Jan de Lange

Related Stories
Sishen rights 'raise SA doubts'
State reviews Sishen decision
Mittal ups steel prices
State wants Mittal price probe


Top Stories
Zuma's son linked to Sishen firmApr 18 2010 10:59
A relationship has developed between the controversial company that obtained mineral rights in Sishen, the world's biggest iron-ore mine, and President Jacob Zuma's flamboyant son.
Pricey steel undermines SA firmsApr 18 2010 12:30
ArcelorMittal's steel prices in SA are almost 10% higher than the global average, which is hurting local firms' competitiveness.
Male-dominated firms may be finedApr 18 2010 09:03
Government is considering imposing massive fines on companies which don't have female executives.


Johannesburg -
In the past two weeks a relationship has developed between Imperial Crown Trading 289 (ICT), the company that obtained mineral rights in controversial circumstances in the world-famous Sishen mine, and President Jacob Zuma's flamboyant son, Duduzane Zuma.
In recent weeks sundry directorship reshufflings have taken place at ICT.
Duduzane Zuma (27) is, together with Jagdish Parekh, a director and shareholder at JIC Mining Services, a contractor mining company that mainly provides labour-broking services to mines. During the past two weeks Parekh has become a director of ICT and, according to him, owns 50% of this company.
This means that Parekh now owns 10.7% of the mineral rights in the Sishen mine - the world's biggest iron-ore mine at Kathu in the Northern Cape.
But it's highly unlikely that he owns this stake in his personal capacity - that would make him one of the richest people in the country overnight.
He probably represents JIC as the actual shareholder. Parekh is chief executive and a shareholder in JIC. Zuma Jnr also owns shares in JIC, and therefore in ICT.
According to the Department of Mineral Resources on May 1 last year ICT applied for 21.4% of the mineral rights in Sishen - the very day that Kumba Iron Ore applied for the same rights.
The rights had belonged to ArcelorMittal South Africa (Amsa), but had expired the day before, April 30 2009, because Amsa had failed to apply for their conversion to new-order rights in accordance with minerals legislation.
On March 17 the department awarded the rights to ICT. Kumba, which operated the mine, has appealed the decision and the Department of Mineral Resources is reviewing the decision.
During a media visit to the mine this week Kumba chief executive Chris Griffith said the group stood by the review of the decision.
Duduzane Zuma and his twin sister, Duduzile, are well known for their high living.
About 600 people were invited to their birthday party at the Inanda Club in Sandton last year - guests included the country's most glittering personalities, such as Khanyi Mbau, Julius Malema, president of the ANC Youth League, and Tansey Coetzee, a former Miss South Africa.
The younger Zuma spent Christmas last year on one of the world's biggest and most luxurious passenger liners, the Oasis of the Seas, occupying a double-story suite costing between R150 000 and R250 000 a week.
His twin sister was appointed to the board of Sahara Computers, one of the country's largest computer companies, six months after her father became president of the ANC in 2007.
She lent her father support during his rape trial in 2007, acting as a character witness at the hearing.
Her mother, Kate Mansho, had married the future president in 1976. They had five children. In 2000 she committed suicide.
- Sake24.com
For business news in Afrikaans, go to Sake24.com.

No comments:

Post a Comment