Saturday, April 10, 2010

Moenie kosvoorsieners uitmoor’






















Moenie kosvoorsieners uitmoor’
2010-04-09 22:10

Sowat 200 mense het gister in die Pretoriase middestad aan ’n optog teen misdaad deelgeneem. Die optog het by Kerkplein begin en geëindig. Dié foto is geneem deur ’n gat in ’n plakkaat wat gelui het: “Ons is gatvol.” Foto: Wayne Coetzee
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Hilda Fourie
Minstens twee boere word weekliks landwyd vermoor.En as plaasmoorde nie vinnig gaan ophou nie, gaan die land se kosmandjie leeg raak.So het mnr. Muhammed Vawda van die vereniging vir die beskerming van ons Grondwet gister op Kerkplein in Pretoria gesê ná ’n optog teen misdaad wat hy gereël het.Sowat 200 mense het met plakkate van Kerkplein na die Pretoriase landdroshof en terug gestap. Van dié plakkate het gelui: “Kill crime, not the farmer”, “Geen boere, geen kos”, “Stop plaasmoorde”, “Stop killing South Africa’s farm-ing talent”, en “Bring terug die doodstraf”.Terwyl hulle geloop het, het hulle “doodstraf, doodstraf” en “ons is gatvol” geskree.Terug by oudpres. Paul Kruger se standbeeld is ’n oomblik van stilte vir mnr. Eugène Terre’Blanche, die vermoorde AWB-leier, en alle ander misdaadslagoffers gehou.Kort daarna het mense die ou landsvlag, eers verkeerdom, opgehou en met die volkslied, “Nkosi Sikelel’ iAfrika”, losgetrek. Vawda het gesê die statistieke wat die vereniging uit sy navorsing gekry het dat minstens twee boere per week vermoor word, is kommerwekkend. “Ons kan nie dat die mense met vermoëns wat vir die land kos moet voorsien, die land verlaat of uitgemoor word nie,” het Vawda gesê.“Daarby kan die land se plase net in die hande van ervare boere wees. Om dit aan mense te gee wat nie die vaardighede het nie, sal daartoe lei dat alle landbou-aktiwiteite in ’n redelike tyd geruïneer sal wees.”Volgens Vawda sal hulle aanhou protes aanteken en optogte reël totdat die regering ’n oplossing vir die misdaadkrisis vind en hul plig om inwoners se reg op lewe te beskerm, nakom.Hy het gesê hulle gaan aanhou om soos babas te huil totdat die regering begin om na sy kinders om te sien.“Ons sal vuvuzelas en fluitjies gebruik om dit onder die regering se aandag te bring. Nie geweld nie,” het Vawda gesê.“Die storie dat die wit man van die aardbol afgevee moet word, moet tot ’n einde kom. Almal moet vry wees en ons kan nie almal vry wees as ’n ras uitgewis word nie.“Wit mense, Indiërs, bruin en swart mense is almal deel van Suid-Afrika.”

No comments:

Post a Comment