Monday, April 12, 2010

Jy en jou wapen: hier is die waarheid


Jy en jou wapen: hier is die waarheid

2010-04-12 11:55
Jeanne-Marié Versluis

Terwyl die polisie op nasionale vlak gister weer gesê het die ou, groen vuurwapenlisensies is steeds geldig, het van dié lisensiehouers glo by sekere polisiekantore gehoor hulle gaan gearresteer word as hulle nie hul wapens inhandig nie.Die 11 April-amnestiespertyd vir die inhandiging van onwettige vuurwapens by polisiekantore landwyd het om middernag verstryk.’n Verslag sal saamgestel word oor hoeveel onwettige wapens landwyd tot gisteraand ingehandig is, het dir. Phuti Setati, nasionale polisiewoordvoerder, gister gesê.Setati het daarop gewys die amnestietydperk was vir mense met onwettige vuurwapens. Hy het beklemtoon dié mense sou by die polisiekantore bygestaan word met die ingee van wapens.“Mense wat nog (die groen) lisensies het ingevolge die ou Vuurwapenwet van 1969, hoef nie bekommerd te wees nie. Hul lisensies is (ná gister) nog geldig totdat die hofsaak daaroor afgehandel is. “Daar behoort nie verwarring te wees nie,” het hy gesê.Al verskil vir dié lisensieshouers is dat hulle nie hul ou lisensies kan laat hernu nie, het hy bygevoeg.Setati het gesê die regering het ’n deeglike veldtog van stapel gestuur oor vuurwapenlisensiëring en die amnestietydperk vir mense met onwettige vuurwapens. “Ek weet nie waar die skielike verwarring vandaan kom nie. “Daar is ’n 24 uur-oproepsentrum waar mense enige vrae daaroor kan rig en die nommer is 012 353 6111.”Mnr. George Nell, ’n Pretoriase prokureur wat namens die Suid-Afrikaanse Jagters-en-Wildbewaringsvereniging (SAJWV) optree, het gister gesê SAJWV-lede het “wyd en sy” gekla oor die inligting wat hulle by polisiekantore gekry het.Hy het gesê sekere SAJWV-lede met ou lisensies is deur polisielede “agter die toonbank” gesê “julle gaan gevang word as julle nie jul wapens ingee nie”.Nell het gesê daar is selfs polisielede wat hom gebel het om te vra “hoe die proses werk”.Volgens Nell het die regering nie die twee prosesse wat gelyk loop, behoorlik aan die publiek uiteengesit nie. Mense is “deurmekaar” en hy het die afgelope week heelwat oproepe gekry, “ook van prokureurs, advokate en spesialiste”.Die amnestieproses “is byvoorbeeld vir die ou met die AK47 van Swaziland wat in die agterplaas begrawe is”.Die tweede proses - vir houers van die ou, groen lisensie - behels dat dié vuurwapeneienaars van vandag nog vier van hul vyf opsies kan uitoefen, het hy gesê.“Hulle kan van môre (vandag) nie weer die wapens in hul eie naam laat lisensieer nie, maar hulle kan nog die wapens laat vernietig, deaktiveer, uitvoer na die buiteland of verkoop/skenk.”Volgens Nell onderhandel die regspanne van die SAJWV en die minister van polisie oor ’n moontlike skikking oor die hofsaak. Die hofsaak handel oor die grondwetlikheid van die nuwe Vuurwapenwet.Die SAJWV het in Junie verlede jaar ’n voorlopige hofbevel bekom ingevolge waarvan die regte van houers van die ou lisensie wettig bly totdat die hof finaal beslis oor die nuwe wet se grondwetlikheid.Die finale beregting van die saak is vroeër onbepaald uitgestel weens die onderhandelinge tussen die partye.Die ou lisensies bly dus wettig totdat die hofsaak afgehandel is.

No comments:

Post a Comment