Friday, April 23, 2010

Gewonde boer jaag deur muur ná plaasaanval


Gewonde boer jaag deur muur ná plaasaanval

2010-04-22 21:55
Mnr. Boeta Basson (26) in die waakeenheid van die Nelspruit Medi-Clinic. Foto: Robyn Baard - Medi-clinic
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Buks Viljoen
’n Swaar gewonde boer van Onderberg in die Laeveld in Mpumalanga het eergisternag met sy bakkie deur ’n baksteenmuur gejaag om van ’n groep aanvallers af weg te kom nadat hulle hom gewond het.Mnr. Boeta Basson (26), wat op hul familieplaas Inyoni op die Strydomblokpad naby Hectorspruit boer, was omstreeks 21:30 op pad na sy plaashuis.Hy het pas deur die hek gery toe hy beweging agter hom sien, het sy pa, mnr. Gerhard Basson, vertel.Basson jr. was in daardie stadium besig om op sy selfoon met sy verloofde, me. Malenke Furstenburg van Komatipoort, te praat.Hy was op pad van haar huis af plaas toe, toe hy aangeval is. Die twee het vroeër die dag foto’s vir hul verlowing op die plaas laat neem.“Toe hy deur die hek ry, het hy ’n beweging langs sy bakkie gesien. Die volgende oomblik het twee aanvallers sonder ’n woord op hom losgebrand.Ses skote het die bakkie se deur getref. Een van die koeëls het deur die bakwerk geskeur en hom in die regterbors getref.“Hy het net ’n warm gevoel in die bors gekry, maar aanvanklik nie besef hy is raak geskiet nie,” het Basson sr. gesê.Die impak waarmee sy seun deur die muur gejaag het, het die bakkie tot stilstand gedwing.Hy het uitgespring en sowat 1,6?km deur ’n piesangplantasie na ’n kampong gehardloop.Hier het werkers hom met ’n kombers toegedraai en ’n selfoon vir hom geleen.“Hulle het ook vir hom gebid,” het Basson sr. vertel.Kort nadat die eerste skote geklap het, het Basson jr. se broer, Eben – wat reg langs hom woon – hul pa gebel.“Hulle skiet vir Boeta,” het hy geskreeu.“My hart het omtrent gaan staan! Ek het regtig die ergste verwag,” het Basson sr. gesê.Minute later het Basson jr. hom gebel om te sê hy is gewond.Mnr. Phillip van der Merwe, ’n buurman, het Basson jr. by die kampong opgelaai en met hom na ’n dokter in Komatipoort gejaag. Hiervandaan is hy per ambulans na die Nelspruit Medi-Clinic oorgeplaas.Daar is vasgestel die koeëlpunt het sy regterlong skrams getref en 2 cm van sy hart tot stilstand gekom.“Daar was beslis ’n Hoër Hand wat na hom gekyk het,” het Basson sr. gesê.Me. Robyn Baard, woordvoerder van die hospitaal, het gesê daar is besluit om nie nou al op Basson jr. te opereer nie.“Die koeëlpunt hou tans geen gevaar vir hom in nie en daar sal eers later besluit word of dit verwyder gaan word.”Die polisie het ná die aanval minstens agt 9 mm-koeëldoppies by die plaashek opgetel.Kapt. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die aanvallers het gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

No comments:

Post a Comment