Tuesday, April 13, 2010

Dreigemente: Wagte pas Steve op


























































































Dreigemente: Wagte pas Steve op
2010-04-12 21:43
Heinrich Wyngaard
Kaapstad. – Lyfwagte beskerm die sanger Steve Hofmeyr weens dreigemente van “omgekrapte swart mense” oor sy kritiek op mnr. Julius Malema, ANC-jeugligaleier.Hofmeyr het gister gesê hy het die laaste ruk “ewe veel beledigings as komplimente” gekry en daar is net soveel mense wat hom met die dood dreig as dié wat hom as president van die land sal wil sien.Dit kom nadat hy onlangs in ’n ope brief skerp teen Malema uitgevaar het. Malema word ’n geruime tyd al deur die polisie se BBP-beskermingsdiens opgepas nadat hy genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, oortuig het sy lewe is in gevaar. Dit kos die belastingbetalers maandeliks derduisende rande.Hieroor het Hofmeyr gister gesê: “Dit grief my dat ek vir sy veiligheid moet betaal, terwyl hy ons onveilig laat voel.“Die plekke waar ek optree, word wyd gepubliseer. “Enigiemand wat my leed wil aandoen, weet dus waar ek is,” het hy gesê.

No comments:

Post a Comment