Thursday, April 22, 2010

Stop Volksmoord op Afrikanerboere.....Betoging in Swede











Die Nuwe Suid-Afrika-vlag is gister voor die SA ambassade in die Sweedse hoofstad verbrand tydens 'n betoging teen die volksmoord op Afrikanerboere in Suid-Afrika.
'n Regse, pro-blanke groep bekend as die Sweedse Weerstandsbeweging het die betoging georganiseer. Ongeveer 'n honderd mense het op die Sint Eriksplein in Stockholm om 12.00 nm. byeengekom. Afgesien van lede van die SWB, het verskeie ander "vrye groepe", waaronder afvaardigings van info-14 en nationell.nu aan die betoging deelgeneem.
Die betogers het in die straat afgestap met vlae, baniere, skilde en plakkate. Sowel die organisasie se vlae as twee Vierkleure is geswaai. Op die groot banier met die Engelse woorde, "Stop Boer genocide" is 'n foto van die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre'Blanche, vertoon.
Pamflette oor die situasie in Suid-Afrika met inligting oor die geweld wat daar teen blankes gepleeg word, is ook versprei.
Ná ongeveer 'n halfuur het die optog na die Suid-Afrikaanse ambassade in Stockholm beweeg. Halfpad na die ambassade is die optoggangers deur 'n skare linkses gekonfronteer wat, soos die Sweedse Weerstandsbeweging dit gestel het, "hul steun vir volksmoord teen blankes en hulle haat vir die nasionale strewe wou uitspreek". Daar het ook fisieke konfrontasie tussen die twee groepe plaasgevind met die Sweedse polisie wat tussenbeide getree het, maar geen beserings is aangemeld nie. Volgens die Sweedse Weerstandsbeweging is die optog "soms onderbreek toe optoggangers moeg geraak het vir die gedrag van die (linkse) gepeupel en paar welverdiende klappe uitgedeel het aan diegene wat dit verdien het".a
Ná die onderonsies het die optog by die Suid-Afrikaanse ambassade tot stilstand gekom waar die NSA-vlag verbrand is. Volgens die Sweedse Weerstandsbeweging was dit "'n kragtige simboliese daad wat uitgestuur is, tesame met die slagspreuk "ANC - mördare!" ("ANC - moordenaars!") wat geskree is.
'n Leier van die Sweedse Weerstandsbeweging, Kristian Nordvall, het 'n emosionele toespraak gelewer oor die belangrikheid van die betoging, die werklikheid in Suid-Afrika en dat Swede moet aanhou om die volksmoord in Suid-Afrika, wat deur die politici en die media geïgnoreer word, aan die groot klok te hang.
Die betoging het agterna vir 'n ruk voor die ambassade aangehou met baniere, vlae, skilde en plakkate. Pamflette is ook verder versprei. 'n Woedende Magnus Söderman, die nasionale bestuurder van die Sweedse Weerstandsbeweging, het die geleentheid gebruik om nog 'n Suid-Afrikaanse vlag in repe te skeur. Volgens die beweging is dit "'n aanduiding van wat ons van hul teenwoordigheid in Swede dink!"
Voordat die betoging ten einde geloop het, het die polisie gesê dat een van die optoggangers in verband met aanranding tydens 'n vorige betoging gesoek word. Hulle wou hom ter plaatse in hegtenis neem.
Die betogers het egter geweier om die man uit te lewer, waarna hulle hul range gesluit het. Diegene wat nie aan die organisasie behoort nie, is gevra om die perseel te verlaat om hulle nie bloot te stel nie, maar almal het soos een man bly staan. Hierna het die betogers in wat genoem word "'n sorgvrye gees", taktiek met mekaar bespreek
Onderhandelings met die polisie het misluk en daar is verwag dat die betogers gestorm sou word om die aangeklaagde te arresteer. Weereens het die betogers hul range gesluit.
Ná 'n ruk het onderhandelinge met die polisie hervat en is daar ooreengekom dat die bestuur van die organisasie die man net moet identifiseer sodat hulle hom te woord kon staan. Vyf minute later is alles opgelos.
Hierna het die betogers na die Rådhusets-moltreinstasie geloop waar hulle uiteengegaan het.
Die organisasie het verklaar: "Die Sweedse Weerstandsbeweging wil almal bedank wat aan die betoging deelgeneem het en op tasbare wyse hul teenkanting uitgespreek het teen die volksmoord wat besig is om in Suid-Afrika plaas te vind."\
Berig in Sweeds met nog foto's hier.


--------------------------------------------------------------------------------------


Plaasmoorde is nie rassisties, sê minister

2010-04-23 07:03
Verwante skakels
‘ET betaal my nie; wurg my'
Plaasgeweld kry fel kritiek van regering
Boete of tronk toe oor boer man skiet
Lizel Steenkamp, Die BurgerKaapstad - Plaasaanvalle en plaasmoorde is nié polities gemotiveerd of rassisties van aard nie, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, Donderdag gesê.Mthethwa het in die parlement uitgevaar teen internasionale mediagroepe wat ná die moord op die AWB-leier, Eugène Terre’Blanche, berig het Suid-Afrika is op die rand van ’n rasse-oorlog.“Sommige voorvalle word regtig opgeblaas en oordryf. Dis ’n mite dat daar ’n rasse-oorlog dreig. Niks kan verder van die waarheid wees nie.”Mthethwa het só gereageer nadat ’n Finse joernalis hom gevra het hoeveel boere en plaaswerkers sedert 1994 vermoor is.Net soos die dag ná die moord op Terre’Blanche, het die minister volgehou die polisie gaan hom nie laat insleep by politiekery en onverantwoordelike uitsprake nie. Hy het gewaarsku rolspelers moet ophou om plaasmoorde en -aanvalle in terme van ras te sien. Dit stook rasseverdeeldheid en maak boere en plaaswerkers net nog meer kwesbaar.“Misdaad is misdaad. Dit het geen kleur of voorkeur nie. Die kwessies hou nie verband met ras of politiek nie. Dis bloot misdade teen Suid-Afrikaners en die regering moet alles doen om dit te verhoed – of dit deur ’n werker, werkgewer of vreemdeling gepleeg is, ons ondersoek dit.”Mthethwa het ook gesê daar is geen bewyse wat die bewerings dat plaasaanvalle deesdae op ’n georganiseerde wyse deur “bendes” uitgevoer word, staaf nie.Die ministerie het Donderdagmiddag met die vakbond Fawu, waartoe sowat 15 000 plaaswerkers behoort, oor sy landelike beveilingsplan vergader.Volgens Katishi Masemola, hoofsekretaris, is daar sowat 450 000 permanente en 420 000 seisoenale plaaswerkers in die land. Minder as 10% van dié mense behoort tot vakbonde, deels omdat dit moeilik is om toegang tot plase te kry en om vergaderings in landelike gebiede te reël.Die polisie, vakbonde en georganiseerde landbou gaan ’n landwye bewusmakingsveldtog voer om landelike inwoners vir die beveiligingsplan te mobiliseer.Volgens Mthethwa sal dit die eerste keer wees dat alle rolspelers op so ’n groot skaal betrek word en gaan dit ’n reuse-verskil aan misdaadbestryding maak.
Lees meer oor: sterftes plaasaanvalle plaasmoorde

No comments:

Post a Comment