Thursday, April 15, 2010

Man herken" rower" met skok: in SA Polisie Uniform







Man herken ‘rower’ met ’n skok: In uniform



2010-04-14 22:25

Ao. Joshua Raboshaba (in die blou uniform) word deur ’n polisielid weggelei nadat hy gearresteer is.Foto: Cornél van Heerden
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Hilda Fourie
’n Rooftog-slagoffer het een van sy vermeende aanvallers herken toe hy dokumente by ’n polisiekantoor oos van Pretoria laat sertifiseer het – agter die toonbank en in polisie-uniform.Dié skofbevelvoerder van die Boschkop-polisiekantoor sal vandag in die hof verskyn op ’n aanklag van roof met verswarende omstandighede.Ao. Joshua Raboshaba (50) is eergisteraand, terwyl hy aan diens was in sy bevelvoerder, lt.kol. Gavin The-Kisho, se kantoor gearresteer.Ao. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het gesê die arrestasie kom nadat ’n sakeman (60) van Swawelpoort in die omgewing sowat ’n maand gelede dokumente by dié polisiekantoor laat sertifiseer het. Raboshaba het die man in die kliëntedienssentrum gehelp.Die man se naam word weerhou omdat hy bang is vir viktimisasie.“Die man het Raboshaba dadelik herken as een van die rowers wat hom in Augustus verlede jaar by sy sake-onderneming in Silverton (Pretoria) beroof het,” het Stoltz gesê.Ses rowers het die slagoffer na bewering van ’n bank in Silverton na sy onderneming in dieselfde woonbuurt gevolg, waarna hulle hom oorval en beroof het.Volgens Stoltz het die man nadat hy Raboshaba herken het na sy motor gegaan waar hy vir ’n oomblik van die skok probeer herstel het. Rabo-shaba het glo aan sy venster kom klop en vir geld gevra.Nadat die man vir Raboshaba gesê het hy het nie geld nie, het die klaer weggery.Raboshaba het daarna glo ’n paar keer verby die man en sy vrou (60) se kleinhoewe gery. Sondag het hy glo tot binne hul erf gery. Die man het nooit sy adres aan Raboshaba gegee nie, het Stoltz gesê.Die man en vrou is toe polisie toe omdat hulle geïntimideer voel en vir hul lewens vrees.Die moontlikheid word ondersoek dat Rabo-shaba by ander misdade betrokke was.Kol. Eugene Opperman, Gautengse polisiewoordvoerder, het gister gesê Raboshaba is nog net ’n verdagte in die saak en dat hy onskuldig is totdat die hof hom skuldig bevind.

No comments:

Post a Comment