Saturday, April 17, 2010

Selebi sê oor dié geheime
















Selebi sê oor dié geheime





2010-04-16 22:09


Mnr. Jackie Selebi: “Ek is reg om nog vier dae (in kruisverhoor) aan te gaan.





”Foto: Felix Dlangamandla
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Marga Ley
Mnr. Jackie Selebi, oudpolisiehoof, het gister erken hy sou ’n dokument wat “geheim” gemerk is, aan die dwelmbaas mnr. Glenn Agliotti wys. “So ’n dokument is nie vir my geheim nie. Dis miskien vir die polisie geheim, maar nie vir my nie,” het Selebi getuig.Hy staan in die hooggeregshof in Johannesburg tereg op onder meer aanklagte dat hy omkoopgeld van Agliotti ontvang het in ruil daarvoor om Agliotti en sy vriende, onder wie die vermoorde mynmagnaat mnr. Brett Kebble, te help. Selebi het getuig hy weet baie goed hoe om met inligting te werk omdat hy in talle lande daarvoor opgelei is. Hy het eergister getuig hy sal nooit geklassifiseerde inligting gee aan “iemand wat nie geklassifiseer is om geklassifiseerde inligting te sien nie”. Gister het hy getuig ’n dokument wat “geheim” geklassifiseer is, is nie geheim totdat dit nie op ’n amptelike inligtingsvergadering voorgelê word nie. Aan die ander kant het hy onder indringende kruisondervraging van adv. Gerrie Nel, vir die staat, erken hy het ’n ander dokument aan Agliotti gegee met inligting oor die ondersoek na die Kebble-moord waarin Agliotti teregstaan, asook inligting oor ondersoeke teen talle van Agliotti se vriende. Selebi het bevestig dit kan ’n ondersoek beïnvloed as ’n beskuldigde voor die tyd inligting het van wat in die polisie-ondersoek na sy doen en late aangaan.Selebi het gister vir die eerste keer erken die brief wat hy aan adv. Vusi Pikoli, destyds hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), voorgehou het, bevat geen verwysing daarna dat mnr. Bulelani Ngcuka, Pikoli se voorganger, daarop sou gesinspeel het dat hy omkoopgeld wou hê om mnr. Billy Rautenbach, Hyundai-baas, met aanklagte teen hom te help nie.Vroeër in die verhoor het Selebi aangevoer hy is ondersoek en aangekla weens ’n veldtog teen hom deur onder andere Ngcuka omdat hy dié plofbare inligting gehad het. Selebi het ook vir die eerste keer erken hy het in die teenwoordigheid van kapt. Paula Roeland ’n oproep na Agliotti gemaak om vir haar uit te vind wie Kebble se motor van die moordtoneel verwyder het. Sy het vroeër getuig Selebi wou nie aan haar Agliotti se telefoonnommer gee nie. Gister het Selebi getuig sy het Agliotti se nommer op ’n bord geskryf en “ek sal nie aanvaar dat iemand my vra vir Agliotti se nommer terwyl dit klaar op ’n bord staan nie”.Reeds met Nel se eerste vraag in kruisverhoor het die temperatuur in die hof gister gestyg en het die stemme harder geword. In ’n stadium het Nel aan Selebi gesê hy lieg. Later het hy gesê: “Mnr. Selebi, jy is in die moeilikheid. Jy is besig om ’n nuwe weergawe van gebeure te bou net daar waar jy nou sit.” Selebi het in albei gevalle gesê hy neem ernstig aanstoot teen Nel se bewerings. Regter Meyer Joffe het albei ’n hele paar keer gevra om mekaar net kans te gee om klaar te praat.Nel het in ’n stadium aangebied om die saak vir die dag te verdaag omdat Selebi vir hom moeg gelyk het. Selebi het swaar met sy ken in sy hand gerus met sy oë byna toe. Hy het geantwoord dat hy goed genoeg voel “om nog vier dae aan te gaan”.Oor Billy RautenbachMnr. Jackie Selebi het gister getuig hy sou nooit bereid wees om die sakeman mnr. Billy Rautenbach te help nie omdat dié help beplan het aan ’n bomaanval by ’n byeenkoms waar hy (Selebi) was.“Ek en Rautenbach was aan verskillende kante. In 1985 was ek in Lusaka vir die nasionale konferensie van die ANC. Rautenbach het gereël om ’n bom daar te laat ontplof. Hy het vir die ander kant gewerk.”Die staat beweer Selebi het adv. Vusi Pikoli, destydse hoof van die nasionale vervolgingsgesag, op versoek van mnr. Glenn Agliotti probeer oortuig om die saak teen Rautenbach te laat vaar.‘Nie my boesemvriend’“Glenn Agliotti was my vriend, maar nie my boesemvriend nie.”Dit is die jongste weergawe van mnr. Jackie Selebi oor die stand van sy vriendskap met die dwelmbaas.“Ek het hom as ’n goeie mens beskou, die soort persoon met wie ’n mens oor ander dinge kan praat. Hy het byvoorbeeld ’n passie vir sport gehad en my baie gevra om te gaan gholf speel.“Ek wou ook inligting by hom kry vir ’n groter doel. Ek was nooit by sy huis nie en hy nie by myne nie.”Selebi het getuig nadat hy gehoor het daar is bewerings dat hy (Selebi) deel van ’n “misdaadbende” was met Agliotti as die “landlord”, het hy Agliotti gekonfronteer en gevra of hy die eienaar is van die hoewe waar dwelms gekry is. “Hy het gesê hy besit geen grond nie en ek het dit as afgehandel beskou. Ek het gedink ’n landlord is iemand wat grond besit.”Selebi het later erken hy het ’n verslag gelees waarin die term “landlord” as ’n bynaam vir Agliotti beskryf is.Hy was ’n ‘haas’Sy bynaam in die polisie terwyl hy kommissaris was, was “haas”, het mnr. Jackie Selebi gister getuig.Hy het getuig hoe rangbewus die polisie is en dat nie enig­iemand in die kommissaris se kantoor met hom kon kom praat nie.Hy het teen die gebruik in toegelaat dat selfs sersante in sy kantoor kon inkom. Hy is nie deur die polisierange bevorder nie en is van buite aangestel. Dus het hy nie soos die gebruik opgetree nie, het Selebi gesê. ’n “Haas” is die term wat polisielede gebruik vir iemand wat nie ’n polisielid is nie, maar ’n lid van die publiek.

No comments:

Post a Comment