Friday, April 9, 2010

Top polisie afvaardiging by AWB-leier se begrafnis





























Top polisie afvaardiging by AWB-leier se begrafnis







2010-04-09 11:50

Verwante skakels
Kerke: "Geweld MOET gestop word"
Nuus24, News24, en Sapa
Roubeklaers het op Ventersdorp begin aankom vir die begrafnis van AWB-leier Eugene Terre'blanche.'n Hoëvlak polisie-afvaardiging gelei deur polisiehoof, Bheki Cele, het ook pas daar opgedaag.Minstens eenhonderd polisiebeamptes is vroeër op die dorp ontplooi.Intussen het die AWB se sekretaris-generaal, Andre Visagie, aan ‘n groep buitelandse joernaliste gesê dat die party vanaf volgende week in onderhandelinge met die Suid-Afrikaanse regering betrokke sal raak. “Ons soek eerstens beskerming vir ons boere. Meer as 3000 boere is die afgelope 14 jaar deur swart mense vermoor. Ons het genoeg gehad. Ons wil ons self regeer. Ons het ons eie kultuur en ons eie taal.” Volgens Visagie sal geweld die party se laaste uitweg wees. “Ons sal eerstens vreedsame onderhandelinge met die regering probeer. As ons nie tevrede is nie sal ons na ons nasie draai en ‘n besluit neem. Geweld is werklik ons laaste uitweg,” het hy gesê. Visagie het aan buitelandse joernaliste gesê dat besoekers aan die opkomende 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi beslis bekommerd moet wees oor hulle veiligheid. “Hulle kan na Suid-Afrika kom, maar hulle moet versigtig wees. Die plaaslike regering kan nie eers hulle eie mense beskerm nie,” het hy gesê. Hy het verder gesê dat Terre’Blanche se dood ‘n sluipmoord was eerder as net ‘n bakleiery oor lone met twee plaaswerkers.








----------------------------------------------------------------------------------------








Terre’Blanche se laaste rusplek2010-04-09 16:03
Verwante skakels
ET-roubeklaers woedend vir Malema
Duisende by ET-begrafnis
ET se dood 'n bitter pil – Steve
Ventersdorp – Sowat 200 mense het Vrydag saamgekom by die graf van die ontslape AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, op die familie se plaas buite Ventersdorp.By die ingang van die plaas het ‘n hoop blomme gelê met ‘n plakkaat wat lees; “Stop Malema”. ‘n Groot, wit kruis met Terre’Blanche se naam daarop was in die grond geplant.Die vierkleur was naby die hek oor die veld gedrapeer met ‘n dosyn swart hingste wat saam met jong ruiters om die vlag gestap het.Die wit lykswa met Terre’Blanche se oorskot het by die hekke van die plaas ingery soos wat die reën ietwat opgeklaar en die son weer begin skyn het. Terre’Blanche se laaste rusplek sal in ‘n begraafplaas op die familie se plaas wees.Mense het op hulle motors gestaan om ‘n beter uitsig te kry van die dubbelgraf waarin Terre’Blanche begrawe sal word. Die seremonie sal afgesluit word met “Die Stem”.- Sapa




No comments:

Post a Comment