Monday, April 12, 2010

Helfte van my is dood’

Helfte van my is dood’
2010-04-12 00:22

Me. Yolandie Pienaar (36) van Kwaggasrand in Pretoria-Wes vertel hoe haar broer, Willie (24), koelbloedig doodgeskiet is. Foto: Alet Pretorius
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Virginia Keppler
'n Man van Kwaggasrand in Pretoria-Wes is eergistermiddag deur drie rowers in sy motor oorval, in die kop geskiet en toe uit die voertuig gegooi. Die moordenaars het daarna mnr. Willie Pienaar (24) se lyk deurgesoek en sy motorsleutel, selfoon en beursie gesteel. Die voorval het omstreeks 17:00 reg voor die Kwaggasrand-winkelsentrum plaasgevind nadat Pienaar geld by ’n Absa-kitsbank getrek het. Hy is toe by die winkel in om ’n 2?liter-koeldrank en broodrolletjies te koop.Me. Yolandie Pienaar (36), Pienaar se suster, het gister huilend vertel dat haar broer pas in sy motor geklim het, toe “een hom om die nek gegryp en in die kop geskiet het”.“Ek dink nie eens hy het besef wat aangaan nie. Hy het nie kans gehad om homself te verdedig nie. Hulle het daarna sy lyk uit die voertuig gegooi, hom deurgesoek en beroof.”Sy het vertel dat die moordenaars moontlik van plan was om in haar broer se voertuig weg te jaag, maar dat lede van die gemeenskap op hulle afgestorm het toe hulle gesien het wat gebeur het. Mev. Ellen Tefu, ’n inwoner van die Cedar Court-woonstelle, het gesê die verdagtes het in twee verskillende rigtings gehardloop met lede van die gemeenskap agterna.“Twee verdagtes het in ’n taxi geklim waarna mense vir die taxibestuurder geskreeu het die mans het iemand doodgeskiet. “Die taxibestuurder het dadelik gestop en die verdagtes uit die taxi gegooi waarna die gemeenskap op hulle toegesak het,” het Tefu gesê.Volgens haar is die derde verdagte in die park agter die winkelsentrum aangekeer. Die verdagtes is glo aangerand en een het aan sy wonde beswyk.Tefu het intussen Pienaar se sleutel opgetel, sy voertuig gesluit en emosionele bystand aan sy ma en suster verleen toe hulle op die moordtoneel aangekom het. Sy het ook later die aand saam met die familie gaan bid.Mnr. Roelof Otto (59), mnr. Pienaar se oom, het gesê Tefu was uitstekend met sy familie. “Mense van alle rasse en kleure is almal moeg vir misdaad.” Me. Pienaar het gesê haar broer was die afgelope twee jaar ’n rekenaar-programmeerder by die departement van justisie. “Voor dit het hy twee jaar in Londen gewoon en gewerk. Hy was op sy gelukkigste daar, want hy het veilig gevoel. “Die Here het die keer een van sy heel mooiste blomme gepluk. “Dit is asof die helfte van my dood is, want ek het my ma gehelp om hom groot te maak,” het sy huilend vertel.Volgens Otto is Pienaar se hand ’n maand gelede in die Pretoriase middestad deur ’n rower met ’n mes stukkend gesny toe dié hom van sy selfoon probeer beroof het. Insp. Daniël Mavimbela, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Hy het gesê ’n 30-jarige verdagte is dood en die ander twee verdagtes, 27 en 28 jaar oud, is in ’n ernstige toestand onder polisiebewaking in die hospitaal.“Die polisie het ook beslag gelê op ’n vuurwapen en ammunisie,” het Mavimbela gesê.

No comments:

Post a Comment