Thursday, April 22, 2010

Chinese torings skiet op in hart van Sandton




Chinese torings skiet op in hart van Sandton


2010/04/22 06:25:00 AM Elma Kloppers
Verwante artikels
Duurste huise in Goudstad
Skelms probeer gratis in huurhuise bly
Chinese belê miljarde in DRK-kopermyn

Hoofberigte
SAL sal solo moet vliegApr 22 2010 09:31
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) moet van volgende jaar af solo vlieg wanneer sy staatswaarborg onttrek word.
Chinese torings skiet op in hart van SandtonApr 22 2010 06:25
’n Filiaal van die China Railway Group gaan in ’n gesamentlike onderneming met Eagle Canyon Golf Estates ’n residensiële ontwikkeling van R1,5 miljard in Sandton aanpak.
VSA ondersoek BHP weens vermeende korrupsieApr 22 2010 06:27
BHP Billiton is in die visier van die Amerikaanse Securities and Exchange Commission (SEC) oor vermeende korrupsie.

Johannesburg. - ’n Filiaal van die konstruksiereus die China Railway Group gaan in ’n gesamentlike onderneming met Eagle Canyon Golf Estates ’n residensiële ontwikkeling van R1,5 miljard in Sandton aanpak.
Die gesamentlike onderneming staan bekend as CHN Eagle.
Eagle Canyon het onder meer die Eagle Canyon-gholflandgoed in Honeydew ontwikkel.
Die China Railway Group is China se grootste konstruksiemaatskappy en 242de op die Fortune Global 500-maatskappylys.
Die nuwe Sandton Skye-ontwikkeling in die hartjie van Sandton se sakegebied gaan uit drie toringblokke bestaan met 180 wooneenhede per toring.
Me. Lynn Petzer van Lynn Estates, wat die ontwikkeling eksklusief bemark, sê 80% van die projek verkoop teen minder as R2 miljoen en dit is positief deur die mark ontvang.
“ ’n Raps meer as 50% van die eerste toringgebou is reeds opgeraap sedert die bekendstelling in Maart vanjaar, wat ’n omset van meer as R250 miljoen verteenwoordig,” sê sy.
Dié toring sluit in vier superluukse dakwoonstelle van 400 m² elk, waarvan drie verkoop is vir R17 miljoen elk. Die intreeprys vir ’n eenslaapkamereenheid is R1,395 miljoen.
Sandton Skye is ’n leefstylontwikkeling wat soos ’n luukse hotelontwikkeling bestuur gaan word. Dit is ook ’n beleggingsproduk, waar beleggers die eenhede kan koop om self daarin te woon, dit te verhuur of die opsie te gebruik om dit in die hotel se huurpoel te plaas.
Die hotel gaan deur die internasionale hoteloperateur die Gatsby Group bestuur word.
Een van die bonusse is dat die eienaars van die eenhede tot 30 dae van hul eenhede kan verruil vir verblyf in een van 55 000 vyfster-eiendomme wêreldwyd.
Petzer sê 3 500 m² se tuine gaan dié ontwikkeling laat uittroon bo ander residensiële ontwikkelings in Sandton wat betref groen ruimte.
Bouwerk begin in Augustus en sal na verwagting in Augustus 2012 voltooi word.

No comments:

Post a Comment