Monday, April 19, 2010

Vrou leef nog ná 2 skote in die kop




Vrou leef nog ná 2 skote in die kop


2010-04-19 10:58
Verwante skakels
Pta-vrou kry skoot in kop toe sy skoonma wil help
Mev. Suna Steenberg, wat Vrydag twee keer deur misdadigers in die kop geskiet is, leef nog.Steenberg (45) word sedert Vrydag­oggend in die waakeenheid van die Mon­tana-hospitaal in Pretoria behandel.Haar man, Jurie, is die eienaar van die onderneming Montana Pale. Mev. Steenberg is geskiet toe sy in haar huis op ’n hoewe in Kameelfontein, noordoos van Pretoria, op misdadigers wat haar skoonma (75) aangehou het, geskiet het. Steenberg is ook een keer in die been getref.Die misdadigers het sonder buit gevlug. Hulle is nog nie vasgetrek nie.Ernst Hoon (18), ’n matriekseun, is sowat twee weke gelede op ’n aangrensende hoewegebied doodgeskiet. – Hilda Fourie ( Beeld )

No comments:

Post a Comment