Saturday, April 24, 2010

Jaar oue baba steeds bedenklik ná aanval deur rowers







Jaar oue baba steeds bedenklik ná aanval



2010-04-23 21:41

Verwante skakels
Baba steeds ernstig nadat rowers haar takel
Magdel Fourie
Die jaar oue babameisietjie wat kopbeserings opgedoen het nader rowers haar en haar oppasser eergister in Robindale, Randburg, aangerand het, is steeds in ’n bedenklike toestand.Marizaan Kruger het veelvuldige skedelbreuke opgedoen toe rowers haar eergister in haar ouerhuis in Rooseveltstraat aangerand het nadat hulle ook eers haar oppasser, me. Francina Sekhu, getakel het.Toe me. Madelein Kruger, haar ma, omstreeks 13:00 op die grusame toneel afgekom het, het Marizaan nie asemgehaal nie.Nooddienswerkers van Piranha Security, ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy, het toe die kind enkele minute later geresussiteer. Op pad na die Sandton Medi-Clinic het sy egter nog twee keer opgehou asemhaal en moes hulle haar telkens weer resussiteer.Me. Liezl Furlong, hospitaalwoordvoerder, het gesê die kind is steeds in die waakeenheid.“Haar toestand is stabiel, maar ernstig.” Sekhu het ook ernstige kopbeserings in die aanval opgedoen.Sy was gister in ’n bestendige toestand in die chirurgiese eenheid in die Helen Joseph-hospitaal, het me. Lovey Mogapi, hospitaalwoordvoerder, gesê.“Sy is egter baie verward en kan nie onthou wat tydens die aanval gebeur het nie.”Niemand is al in hegtenis geneem nie.

No comments:

Post a Comment