Monday, April 12, 2010

Zuma erger as Mbeki – Malema











Zuma erger as Mbeki – Malema




2010-04-12 11:29
Johannesburg – Die leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), Julius Malema, is glo “geskok” oor die feit dat president Jacob Zuma hom in die publiek aangevat het oor sy uitlatings. Volgens Malema het die voormalige president, Thabo Mbeki, dit nooit gedoen nie ten spyte van hulle verskille, het Times Live berig. “Ek is geskok deur wat gebeur het,” het Malema gesê tydens die laaste dag van die ANCYL se provinsiale konferensie in Makhado, Limpopo. Malema het verlede week vir heelwat opspraak gesorg toe hy ‘n Britse joernalis ‘n “bliksem” en ‘n “bleddie agent” genoem het tydens ‘n perskonferensie. Sy uitlatings oor grondhervorming in Zimbabwe en die dood van die ontslape AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, was egter die laaste strooi vir Zuma. Zuma het gesê Malema se optrede en uitsprake is “totaal vreemd vir die kultuur van die ANC”.Malema staar nou vier aanklagte in die gesig tydens ‘n dissiplinêre verhoor deur die ANC. Lees meer hier.

No comments:

Post a Comment