Saturday, April 10, 2010

'Geen kondoom by ET gevind' - Polisie




















LEUENS
2010-04-10 13:26
e-pos artikel
Verwante skakels
Gebruikte kondoom in ET se kamer gevind
ET-roubeklaers woedend vir Malema
ET se dood 'n bitter pil – Steve
Johannesburg – Polisie het Saterdag ontken dat ‘n gebruikte kondoom op die moordtoneel van die AWB-leier Eugène Terre’Blanche gevind is.“Dit is ‘n vals bewering,” het kapt. Adele Myburgh van die Noordwes polisie na aanleiding van ‘n vroeëre berig in die Saturday Star gesê.Die koerant het berig dat ‘n gebruikte kondoom glo in die kamer gevind is waar Terre’Blanche vermoor is.“Geen kondoom is op die toneel van die ontslape Eugène Terre’Blanche gevind nie.”Myburgh het gesê dat die polisie geen bedoeling gehad het om enigiemand te “mislei” oor die feite van die saak nie.“Ek is bereid om my nek in ‘n guillotine te plaas en julle kan dit maar gebruik as ek gejok het.”Sy het verder ook gesê dat sy gerugte gehoor het dat die nadoodse ondersoek-verslag uitgelek is na die media.“Dit is nie waar nie. Dit het nog glad nie eers die perseel verlaat nie.”Terre’Blanche is ‘n week gelede op sy plaas buite Ventersdorp vermoor.- Sapa

No comments:

Post a Comment