Friday, April 9, 2010

Polisie skiet blouligrower dood





































Polisie skiet blouligrower dood




2010-04-09 10:10
Die polisie het gistermiddag vier mans wat ’n blou lig in hul motor gehad het, op heterdaad betrap toe hulle iemand in Sandton, Johannesburg, probeer beroof het.Een rower is doodgeskiet en twee is gearresteer. Die vierde een het weggehardloop, het adj. Moses Maphakela, polisiewoordvoerder, gesê.Volgens hom was beamptes besig om die Sunninghill-gebied in ’n ongemerkte motor te patrolleer toe hulle omstreeks 17:00 gesien het hoe die vier mans ’n ander man probeer beroof. Die rowers het ’n vuurwapen op die man gerig. Volgens Maphakela het die mans ’n blou lig op hul motor se paneelbord gehad en die man só gekry om te stil te hou.Die motor waarin die vier mans gery het, is verlede maand in Midrand gekaap. – Retha Grobbelaar

No comments:

Post a Comment