Thursday, April 8, 2010

Lewenslange tronkstraf vir moord op werkgewers




Lewenslange tronkstraf vir moord op werkgewers


2010-04-08 01:42
Verwante skakels
Tronkstraf aanbeveel vir Hewana oor Yengeni-saak
12 j. tronkstraf ná sekswerker sterf
Moordenaar kry boete, nie tronkstraf
Pietermaritzburg – Muntukayise Ngubane, ‘n voormalige werknemer by ‘n hotel, is met lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy werkgewers Siegfried Schadle (68) en sy vrou Ingrid (64).Alhoewel Ngubane nie die paartjie geskiet het nie, het regter Kate Pillay en haar bysitters hom in die Pietermaritzburgse Hooggeregshof skuldig bevind aan die moorde.Ngubane het erken dat hy beplan het om die eienaars van die Wartburger Hof te beroof, maar het glo vir sy bendelede gesê dat dit nie nodig sal wees om die Schadles te skiet nie, aangesien hulle nie weerstand sou bied nie.Die hof het sy argument verwerp en Pillay het gesê Ngubane is ‘n leuenaar.Ngubane het ‘n rowery beplan wat tot die paartjie se dood op 27 November 2007 gelei het.Sy mede-beskuldigde Funokwakhe Nwane (35), ook van Durban, is vrygespreek van al drie klagtes.Ngubane het die hotel in Januarie 2007 verlaat weens ‘n argument oor die verdwyning van vleis.Volgens bewyse in die hof was Siegfried in die eetkamer toe hy Ingrid hoor skree het nadat ‘n geweer op haar gerig is.Hy het na haar toe gehardloop en die bendelid probeer gryp. Siegfried is toe deur hom in die kop geskiet. Ingrid is in die bors geskiet nadat sy die paniekknoppie probeer druk het.Ngubane het ses kinders by drie vroue.- Sapa
Lees meer oor: misdaad moord

No comments:

Post a Comment