Monday, April 19, 2010

Wat gaan aan met Anika se moordsaak?







Wat gaan aan met Anika se moordsaak?






Johannesburg -



Mense wil wéét wat aangaan met die ondersoek na die moord op Anika Smit.Dít is duidelik op die Facebook-bladsy In memory of Anika Tikkie Smit, wat geskep is nadat Anika (17) meer as ’n maand gelede in haar ouerhuis in Theresapark in die noorde van Pretoria vermoor is.Haar moordenaar(s) het haar hande afgesny en saamgeneem.Sy was ’n leerling aan die Hoër­skool Gerrit Maritz.Die Facebook-bladsy het 4 186 aanhangers.In die afgelope tien dae het mense veral vrae oor die polisie-ondersoek gevra.“Ek het vanoggend aan Anika gedink. Is daar al enige nuus oor wie (die) moordenaar was, hoekom is dit so stil, niks in koerante, vorder die ondersoek darem?” wou Minda Bornman weet.“Kani glo dt is al so lank en ng geen arrestasie nie!! dit ht ons nasie geruk, en ek hoop en glo dat die moordenaars gevind sal word en mag hul die swaarste straf toegedien word!!” het Annie Kok geskryf.Cobus de Wet het geskryf: “Die stof het nou heeltemal gaan lê oor Anika se dood, ek neem aan die polisie het ook nog nie verder gekom om uit te vind wie hierdie gruweldaad gepleeg het.”Selfs vir die moordenaar het vriende van Anika ’n paar woorde gehad.“Dude/s as jul hier op is en ek hoop jul is sodat jy/jul sien wat jy/jul gedun het, al di pyn en woede,” het Pieter Wolf Redelinghuys geskryf.Lt.kol. Lungelo Dlamini, wat die polisiewoordvoerder oor Anika se moord is, kon nie Sondag vir kommentaar bereik word nie.Beeld het verneem dat die polisie nog nie iemand gearresteer het nie, maar dat hulle dag en nag aan die saak werk en alle leidrade opvolg.Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeamptes, ao. Annarie Robinson en ao. Werner van den Berg, by 012 353 3649 bel.
Lees meer oor: polisie sterftes facebook moorde

No comments:

Post a Comment