Wednesday, April 7, 2010

Kaapse sakeman se dood ’n raaisel




Kaapse sakeman se dood ’n raaisel


2010-04-07 00:53

Nurene Jassiem
Kaapstad


Een van die land se voorste ­eiendomsontwikkelaars wie se geesteskind die hernuwing van die sentrale sakegebied in Claremont sowel as die Benguela Cove-landgoed net buite Hermanus was, is gisteroggend onder raaiselagtige omstandighede dood.Mnr. Chris Drummond (53) se lyk is omstreeks 05:40 in die parkeerterrein van die winkelsentrum Stadium on Main in Stegmanweg, Claremont, gevind.Volgens ao. November Filander, ’n polisiewoordvoerder, het hy met sy gesig op die grond gelê toe ’n sekerheidswag hom gevind het.“Paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Drummond se motor is met albei voordeure oop op die vierde verdieping van die parkeergarage gevind,” het Filander gesê.Niks is na verneem word uit die voertuig gesteel nie. Sy selfoon en dokumente was nog binne-in.Dit is onduidelik of hy dood is voor of ná hy op die grond beland het.’n Geregtelike nadoodse ondersoek sal gedoen word.Drummond was onder meer die uitvoerende hoof van Benguela Cove Costal Investments wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling van die wynlandgoed van 210 ha sowat 10 km buite Hermanus. Hy het ook as voorsitter van die Claremont-verbeteringsdistrik gedien. Mnr. David Stoll, wat Drummond se voorloper in dié pos was, het gesê sy dood laat ’n groot leemte in die Claremont-gebied. “Hy het ’n wonderlike sin vir humor gehad en het altyd sy beloftes gestand gedoen.”Sapa berig Drummond was die mede-eienaar en direkteur van New Property Ventures, die ­ontwikkelaars van Stadium on Main.Drummond was bekend vir sy avontuurlustigheid en het in 2004 probeer om die berg Everest uit te klim, maar het nie die staptog voltooi nie.Drummond word oorleef deur sy vrou en twee kinders.

No comments:

Post a Comment