Thursday, April 8, 2010

SA vrou in Mosambiek verkrag



Nuutste Nuus-kommentaar
anita sê... Ek stem volkome SAAM MET "LOUISA" sy het alles genoem wat te sê is. Word wakker SA, die buiteland sien die dinge ook raak glo my 2 van my dogters is in verskillende lande en hulle sien dit op TV, ons barbaarse nasie wat net moor. Ek het my man verloor 19 skote is na hom geskiet, ek weet wat doen dit aan n vrou kinders en familie. En ons hande is afgekap, maar hulle kan liedjies sing om ons boere te vermoor en verkragters te noem, wonder wie verkrag die WIT vroue na 'n moord? Defnitief nie WIT MANS NIE ! ! ! Lees die storie...




SA vrou in Mosambiek verkrag


2010-04-08 10:50
Verwante skakels
Gesinne aangehou in vakansiehuis
Duitse toeris in Kaapstad beroof
Seun en meisie by uitkykpunt beroof
Daniëlla du Plooy
Johannesburg – Sestien Suid-Afrikaners is Maandagaand in Mosambiek beroof en aangerand en een van die vroue verkrag.Die rowers het ook gas uit die geiser in ’n badkamer laat lek waar van die mans vasgebind was.Die skrywer Annemari Coetser (Oop kaarte, Langverlof en Aan die wind­kant), het op haar LitNet-blog oor dié aanval op haar dogter en dié se gesin en vriende geskryf.Carine van der Westhuizen, die dogter, het gister vertel sy en haar man, Pieter, was saam met hul twee kinders en drie ander egpare en hul kinders met vakansie.Die hele groep het in twee huise by Canda Island naby die dorp Chissibuca gebly.Almal is van die Onderberg en Laeveld in Mpumalanga.“Ons het die aand omstreeks 19:00 in die een huis gereed gemaak om te begin eet. Skielik het twee mans, gewapen met ’n pistool en traangaspistool, die kamer binnegestorm en geskree ‘Sleep! Sleep !’ Ek het gedink dis ’n grap.”Toe Van der Westhuizen omdraai om te gaan plat lê, het die een aanvaller hom met die traangaspistool geskiet. “My dogter het net gesien hoe hy begin bloei.”Die aanvallers – ’n derde het intussen bygekom – het van die kleinste kinders in ’n kamer toegemaak, van die vroue, ’n man en die tienerkinders in een badkamer en van die mans in ’n ander badkamer.“Hulle het my en my man na een kamer gevat en ons hande agter ons rûe vasgebind.“Hulle was baie aggressief. Die een ou het net heeltyd gesê ‘money, money’. Hulle kon skaars ander Engelse frases verstaan.”Toe die aanvallers in ’n stadium uit die kamer is, kon sy en haar man hulle losmaak.“Toe die een dit egter sien, het hy my deur die gesig geskop.”Dié man het haar vriendin na die huis langsaan gedwing om geld te soek. “Hy het haar daar verkrag.”Daarna het een van die ander Van der Westhuizen ook probeer verkrag, maar dit nie reggekry nie.“Hulle was in geen haas nie – die roof het langer as vier uur geduur. Hulle het geld en al ons elektroniese goedere gevat, sowel as al die motorsleutels voordat hulle met ’n splinternuwe Mitsubishi-bakkie weggery het.”Van der Westhuizen, wie se hande nog vasgebind was, het toe na die badkamer gegaan waar die mans was en die deur met haar voete oopgemaak.Die kampbestuurder het die polisie, wat sowat 50 km daarvandaan gestasioneer is, gebel en hulle was sowat ’n uur en ’n half later op die toneel.“Hulle kon egter net Portugees praat en het gesê: ‘We’re sorry, missus’.“'n Mens is geneig om jou veiligheidsmaatreëls in Mosambiek baie minder streng toe te pas – oop deure en vensters, ensovoorts. Maar dit bly Afrika en dit bly gevaarlik. Ons is net dankbaar ons leef.”Volgens haar het hulle dae voor die aanval nog “met ’n bier in die hand” op die strand gesit en spottenderwys gesê: ‘Another sh***y day in Africa.’“Min het ons geweet dit sou ure later waar word.”Verlede maand het rowers ’n sakeman en bedryfsielkundige van Musina en sy vrou erg aangerand op die eiland Macaneta. – Beeld
Lees meer oor: verkragting misdaad

No comments:

Post a Comment