Friday, April 9, 2010

Duisende kom groet ET



















Duisende kom groet ET

2010-04-09 10:40
Nicolize van der Walt
Ventersdorp. – Duisende roubeklaers het reeds ure voordat die AWB-leier mnr. Eugene Terre’Blanche begrawe word by die AP-kerk in Visserstraat saamgetrek.‘n Sterk polisieteenwoordigheid het al vroeg Vrydagoggend in die dorp, asook by die talle padblokkades onderweg na Ventersdorp geheers. Die polisie se luglveuel het die bedrywighede deurentyd vanuit die lug dopgehou.Geen Vierkleur of ou Suid-Afrika vlae het naby die kerk gewapper nie. Honderde mense het ure voor die diens reeds in groepies bymekaar gekom. Buite die kerk is groot luidsprekers opgerig om te verseker niemand mis die begrafnisdiens nie.Mense geklee in kakieklere, Voortrekkerklere en self in motorfietsryers-uitrustings het deel uitgemaak van die skare.Ds. Ferdie Devenier sal om 12 uur die diens waarneem en sy preek vanuit Jesaja 40 lewer.Terre'Blanche se begrafnisbrief is versier met foto’s van hom op die plaas, asook ‘n gedig, Digters, uit sy pen.Daar is ook foto’s van hom as jong polisiemand saam met sy vrou, Martie.“En dan Bea – Ounooi, ons sal die pad saamloop. Baie dankie meisiekind! Baie dankie aan almal wat vandag hier teenwoordig is om aan Eugene die laaste eer te bewys,’’ lui ‘n stuk vanuit die begrafnisdiens.By die kerk tree slegs vriende van Terre’Blanche as draers op. Hulle is mnre. Steyn van Ronge, Johan Potgieter, Andre Visagie, Dave Engelbrecht, Sankes Snyman, Danie Marais en Pottie Potgieter. In die begrafnisbrief bestempel mev. Terre’Blanche hulle as “ ’n sprekende voorbeeld van ware en warm vriendskap.”By die graf sal mev. Terre’Blanche en haar dogter, Bea, as draers optree, asook Terre’Blanche se broer, swaer, neef, broerskind asook susterskind.
--------------------------------------------------------------------------------------
Solidariteit wil protesdag teen misdaad reël2010-04-08 22:37
Hilda Fourie
Johannesburg – Sedert die moord op mnr. Eugène Terre’Blanche het Solidariteit meer as 202 000 SMS’e gekry dat mense keelvol is vir misdaad in Suid-Afrika.
Nou oorweeg die vakbond ’n protesdag teen misdaad waarop mense beskermd van die werk kan wegbly om hul misnoeë met dié euwel te wys.
Mnr. Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, het gister gesê die SMS’e wys daar het ’n woede onder mense uitgebreek nadat die AWB-leier Saterdag in sy plaashuis buite Ventersdorp doodgekap is.
“Die moord op mnr. Terre’Blanche het die emosies oor misdaad laat oopbars.
“Ná sy dood het mense net besef genoeg is nou genoeg.”
Die SMS-lyn met die nommer 35960 is vroeër vanjaar geskep sodat mense hul gevoelens oor misdaad in die land aan pres. Jacob Zuma kan stuur.
Nadat Solidariteit byna 145 000 briewe aan die president oorhandig het, het dié SMS-lyn tot en met Terre’Blanche se dood tussen 20 en 100 SMS’e per dag ontvang.
’n Finale besluit oor die protesdag sal Donderdag tydens die vakbond se nasionale kongres geneem word.
- Die Burger

No comments:

Post a Comment