Wednesday, April 21, 2010

Man met wapenarsenaal wou glo WB saboteer

www.boycott-2010-world-cup.co.nr.


Man met wapenarsenaal wou glo WB saboteer
2010-04 20:32

Verwante skakels
Ammunisie by ou sendingstasie
Polisie vind vragmotor vol ammunisie
Man vas oor vuurwapens, ammunisie
Johannesburg - 'n Voormalige luitenant-kolonel in die kommando, Frederick Rabie, is in in hegtenis geneem ná 'n onwettige wapenarsenaal in sy Worcester-huis gevind is.Sowat 10 000 rondes ammunisie, 'n 9mm-pistool, plofstof en weermagtoerusting is tydens 'n polisieklopjag op die 62-jarige man se huis gevind.Rabie is op borgtog vrygelaat en sou na verwagting Maandag in die hof verskyn, het die Sunday Independent berig.Die klopjag was glo deel van 'n polisieondersoek na die Suidlanders, 'n verregse organisasie wat na bewering die Wêreldbeker-sokkertoernooi wou saboteer.Soortgelyke klopjagte is in Pretoria, Mpumalanga en die Wes-Kaap uitgevoer. Die koerant beweer die ondersoek is gekoppel aan die webwerf www.boycott-2010-world-cup.co.nr.Die polisie wou nie kommentaar lewer nie.Independent het egter 'n "goed geplaasde" bron binne die Suidlanders aangehaal, wat gesê het die wapens sou gebruik word om "vuil truuks" uit te voer in 'n poging om buitelandse besoekers aan die sokkertoernooi weg te skrik.- Sapa

No comments:

Post a Comment