Tuesday, April 27, 2010

Boef red baas in rooftog...Pretoriase k9 taakspan


Boef red baas in rooftog

2010-04-26 21:54

Moenie met my sukkel nie... Konst. Blacky Swart en Boef.

Foto: Deaan Vivier
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Fanie van Rooyen
Boef is ’n ware held.So sê kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, nadat Boef, ’n polisiehond van die Pretoriase K9-taakspan, die lewe van konst. Blacky Swart, sy baas, gered het. Dit was toe een van drie regte boewe gister tydens ’n sakerooftog in Highveld Techno Park in Centurion ’n vuurwapen op Swart gerig het.“Boef het ongetwyfeld Blacky se lewe gered, want hy het die rower se hand gegryp nét voordat hy die sneller kon trek,” sê Weilbach.Die rower, wat kort tevore deur ’n ander polisiebeampte van die Lyttelton-polisiekantoor gewond is, is in hegtenis geneem voordat hy op pad na die hospitaal aan sy wonde beswyk het.Die rower se makkers, wat die African NDT Centre in dié sentrum van sowat R500 000 se rekenaars en toerusting beroof het, het weggekom.Daar is verlede Woensdag ook by dieselfde sentrum – waar nywerheidstoerusting getoets word – ingebreek en daar is ’n sterk vermoede dat dit dieselfde groep rowers was wat gisteroggend omstreeks 05:30 teruggekeer het.Weilbach sê beamptes in ’n patrollievoertuig van die Lyttelton-polisiekantoor het onraad vermoed toe hulle beweging aan die agterkant van dié sentrum gewaar het.“Een van die beamptes het gaan ondersoek instel en ’n man met ’n vuurwapen om die hoek sien kom.”Dié rower het sy vuurwapen op die polisiebeampte gerig en die polisiebeampte het verskeie skote op hom gevuur. Die rower is in die linkerhand en twee keer in die linkerbeen getref.Dié polisiebeampte het versterkings ingeroep en lede van die K9-taakspan, insluitend Swart en Boef, het kort daarna opgedaag.“Blacky en Boef het gesien waar die rowers die palissadeheining oopgebreek het en is toe daar deur om hulle agterna te sit,” sê Weilbach.“Wat Blacky nie geweet het nie, is dat die gewonde rower enkele meter agter die heining geskuil het.“Toe Blacky sy flitslig op die rower skyn, het die rower reeds sy vuurwapen op hom gerig gehad – maar toe gryp Boef hom.”Weilbach het gesê daar is op inbraakgereedskap, insluitend ’n skroewedraaier, ’n beitel en ’n flits, asook die rower se oorgehaalde 9 mm-pistool beslag gelê.Die rowers het tydens verlede week se inbraak drie rekenaars uit dié sentrum gesteel.“Ons het nog nie eers die versekeringseis van die eerste inbraak behoorlik deurgevoer nie. Dit maak ’n mens die josie in,” sê mnr. Hennie Fourie, bestuurder van dié sentrum.“Hulle het natuurlik geweet ons sou die gesteelde rekenaars onmiddellik moes vervang – toe kom steel hulle maar die nuwes ook.”’n Groot kragopwekker, wat naby die gewonde rower agter die palissadeheining gevind is, het gisteroggend nog bloedspatsels op gehad.Die polisie is steeds op soek na die dooie rower se makkers.

No comments:

Post a Comment