Tuesday, April 6, 2010

Tuinier in hof vir moord op dokter







Tuinier in hof vir moord op dokter



2010-04-06 10:13
Verwante skakels
Tiener vas ná broer se 'selfmoord'
Eugene Terre'Blanche vermoor
'My seun het Terre'Blanche doodgemaak'
Potchefstroom – ‘n 35-jarige tuinier sal na verwagting Dinsdag in Potchefstroom in die landdroshof verskyn ná die moord van ‘n 80-jarige dokter, het die polisie gesê. Volgens kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, is dr. Helena Kotze se lyk sowat ‘n week gelede deur ‘n werknemer by die Dienssentrum vir bejaardes gevind. Die werknemer, wat daagliks voedsel aan die bejaardes afgelewer het, het gesien dat Kotze nie aan die vorige dag se aflewering geraak het nie. Na verdere ondersoek het die werknemer Kotze se lyk in haar slaapkamer gevind. Haar hande en voete vas vasgebind en haar keel afgesny. ‘n Lid van die publiek het inligting aan die polisie verskaf wat tot die inhegtenisname van die tuinier gelei het. ‘n Moordwapen is ook gevind. Die tuinier staar aanklagte van moord en huisbraak in die gesig. Volgens Myburgh het die tuinier Kotze gereeld uitgehelp om kos te kook, inkopies te doen en selfs geld te trek by die kitsbank. - Sapa
Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar
Lees meer oor: hof moorde

No comments:

Post a Comment