Tuesday, April 6, 2010

‘Die Boerevolk voel bedreig, onderdruk en sonder skuiling’


‘Die Boerevolk voel bedreig, onderdruk en sonder skuiling’

2010-04-05 22:33
Pretorius Foto: Craig Nieuwenhuizen
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's
Sonja Carstens
Dr. Lets Pretorius, vermeende Boeremaglid, was een van die 25 uitgesoekte Afrikaanssprekende gaste wat verlede maand met pres. Jacob Zuma in die presidentsgastehuis vergader het. Pretorius staan in die hooggeregshof in Pretoria tereg op aanklagte van onder meer moord, hoogverraad, sabotasie en terrorisme. Hy is ook die voorsitter van die Boerevolk Verteenwoordigende Raad. Hy het gister aan Beeld gesê hy glo die implikasies van die dinee op 11 Maart kan “ingrypende gevolge vir die vryheid-strewe van die Boerevolk” inhou. Volgens Pretorius het hy die Boerevolk se eis om selfbeskikking aan Zuma oorgedra en die vrylating van die “Boerevolk se politieke gevangenes” geëis.Al drie Pretorius se seuns, dr. Johan Pretorius jr. en mnre. Kobus en Wilhelm Pretorius, staan saam met hom tereg in die sogenaamde Boeremagsaak. Luidens die dokumente wat Pretorius aan Zuma uitgelees en oorhandig het, vra hy die president, wat na homself as ’n vryheidsvegter verwys, om hom en die res van die “beskuldigdes van die Boerevolk” ook as vryheidsvegters te sien.Pretorius sê in die dokument vir Zuma dat hy as ’n Zoeloe ’n koninkryk het wat deur die regering gefinansier word en waar hy toegelaat word om sy “kulturele batterye” te herlaai.“Ons, en daarmee verwys ek na die Boerevolk, het geen skuilplek nie. Ons voel ernstig onderdruk, bedreig en ontbloot in die land wat ons lief het en gehelp het om te bou en waaraan ons steeds wil help om te bou. Daarom kom ons na u as president met die versoek vir die selfbeskikking van die Boerevolk.” Zuma het veral baie aandag gewy aan die opsie van selfbeskikking vir die Boerevolk, asook die vrylating van die Boerevolk se gevangenes, het Pretorius gesê. Pretorius het gister gesê hy het nog nie weer van Zuma se kantoor gehoor nie.

No comments:

Post a Comment